Rooster vir die week van 21 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 21 MAART
Lied 47 (6) en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 1 ¶10-15, tabel op bl. 12 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Job 6-10 (10 min.)
Nr. 1: Job 8:1-22 (4 min. of minder)
Nr. 2: Is geloof in Jesus Christus al wat nodig is om gered te word?—rs bl. 237 ¶1 (5 min.)
Nr. 3: Hoe kan ons die raad in Matteus 10:16 toepas? (5 min.)
□ Diensvergadering:
Lied 114 (180)
5 min: Aankondigings.
15 min: Gebruik die Bybel om te antwoord. Bespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsye 143-144. Hou twee demonstrasies wat toon hoe ’n verkondiger ’n vraag gevra word wat in die plaaslike gebied kan ontstaan. In die eerste demonstrasie gee hy die regte antwoord, maar sonder om na die Bybel te verwys. In die tweede demonstrasie gebruik hy die Bybel om die antwoord te gee. Nooi die gehoor dan om kommentaar te lewer oor waarom die tweede benadering beter was.
15 min: “Die verspreiding van Gedenkmaaluitnodigings begin op 2 April.” Vrae en antwoorde. Gee vir elke verkondiger ’n Gedenkmaaluitnodiging, en bespreek die inhoud daarvan. Sit die reëlings vir die dekking van die plaaslike gebied uiteen. Laat ’n aanbieding gedemonstreer word.
Lied 109 (105) en gebed