Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/11 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2011
Ons Koninkryksbediening—2011
km 2/11 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!

◼ “Bybelbeginsels—Kan dit ons help om vandag se probleme die hoof te bied?” sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2011-Gedenkmaalseisoen wees.

◼ Geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge moet op Sondag 17 April, die dag van die Gedenkmaal, gehou word nie. Gemeentes wat gewoonlik op daardie dag ’n gemeentelike vergadering het, kan dit na ’n ander dag van die week verskuif. As ’n paar gemeentes dieselfde Koninkryksaal gebruik en ’n vergadering nie verskuif kan word nie, kan die vergadering gekanselleer word. In sulke gevalle word gesinne aangespoor om die Wagtoring-studieartikel gedurende hulle aand vir Gesinsaanbidding te bespreek.

◼ Ouer manne moet die reëlings finaliseer vir die ontoegekendegebied-kampanje gedurende Maart, April en Mei 2011. Maak asseblief seker dat die gemeente genoeg lektuur het en dat hulle weet watter datums gekies is, waar die gebied is en wat die verblyf- en vervoerreëlings is. Gemeentes wat nie aan die kampanje deelneem nie, moet aandag skenk aan gebied wat selde gedek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel