Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 28 Februarie 2011, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 3 Januarie tot 28 Februarie 2011.
1. Watter werk het Hiskia aan die begin van sy bewind aan die gang gesit, en hoe kan ons hom vandag navolg? (2 Kron. 29:16-18). [w09 6/15 bl. 9 par. 13]
2. Hoe vestig 2 Kronieke 36:21 die aandag op die vervulling van die profesie wat in Jeremia 25:8-11 opgeteken is? [w06 11/15 bl. 32 par. 1-4]
3. Hoe bevestig Esra 3:1-6 die skriftuurlike bewyse dat Jerusalem se verwoeste toestand van 70 jaar op die bestemde tyd tot ’n einde gekom het? [w06 1/15 bl. 19 par. 2]
4. Waarom was Esra verbysterd toe hy hoor van die ondertrouery met die mense van die land? (Esra 9:1-3). [w06 1/15 bl. 20 par. 1]
5. Wie was die “vooraanstaandes”, en watter gesindheid wat hulle aan die dag gelê het, moet ons vermy? (Neh. 3:5). [w06 2/1 bl. 10 par. 1; w86 2/15 bl. 25]
6. Hoe is goewerneur Nehemia ’n uitstekende voorbeeld vir Christenopsieners? (Neh. 5:14-19). [si bl. 90 par. 16]
7. Wat kan ons doen, soos die Israeliete in Nehemia se dag, sodat ons nie “die huis van ons God” verwaarloos nie? (Neh. 10:32-39). [w98 10/15 bl. 21-22 par. 12]
8. Watter vrae sal ons ons moontlik afvra as ons oor Nehemia se lewensweg nadink? (Neh. 13:31). [w96 9/15 bl. 16 par. 3]
9. Het Ester onsedelike geslagsomgang met koning Ahasveros gehad? (Est. 2:14-17). [w91 1/1 bl. 31 par. 6]
10. Waarom het Mordegai geweier om voor Haman neer te buig? (Est. 3:2, 4). [it-2-E bl. 431 par. 7]