Rooster vir die week van 13 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 13 DESEMBER
Lied 5 (205)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
cf hfst. 14 ¶17-21, venster op bl. 149
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 15-19
Nr. 1: 2 Kronieke 15:8-19
Nr. 2: As iemand sê: “Christene is veronderstel om getuies van Jesus te wees, nie van Jehovah nie” (rs bl. 229 ¶2)
Nr. 3: Hoe kan ons waardigheid in ons aanbidding van Jehovah aan die dag lê?
□ Diensvergadering:
Lied 55 (15)
5 min: Aankondigings. Moedig almal aan om Die Wagtoring van 1 Januarie 2011 na volgende week se Diensvergadering te bring.
15 min: Die Teokratiese Bedieningskool vir 2011. Toespraak deur die skoolopsiener. Bespreek punte wat plaaslik beklemtoon moet word uit die rooster vir 2011. Hersien die rol van die bykomende raadgewer. Moedig almal aan om ywerig hulle toewysings te vervul, aan die Bybelglanspunte deel te neem en die wenke toe te pas wat elke week uit die Bedieningskool-boek gegee word.
15 min: “Gebruik dit by elke geleentheid.” Vrae en antwoorde. Demonstreer een of twee van die wenke.
Lied 28 (169)