Velddiensglanspunte
Gedurende Maart het die 86 682 verkondigers in Suid-Afrika drie nuwe hoogtepunte bereik: 8 032 gewone pioniers, 489 346 herbesoeke en 113 127 Bybelstudies. Namibië het ses nuwe hoogtepunte bereik: 160 gewone pioniers, 1 851 verkondigers, 42 294 ure, 32 435 tydskrifte, 17 205 herbesoeke en 3 374 Bybelstudies. Die ander lande onder die Suid-Afrikaanse takkantoor het ook ’n uitstekende rapport ingestuur.