Rooster vir die week van 10 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 10 MEI
Lied 131 (74)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
cf hfst. 4 ¶11-18
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 4-8
Nr. 1: 2 Samuel 6:1-13
Nr. 2: Wat weet ons omtrent Valentynsdag, Moedersdag en nasionalistiese seremonies? (rs bl. 406 ¶1-6)
Nr. 3: Waarom gierigheid afgodediens is (Ef. 5:5)
□ Diensvergadering:
Lied 25 (200)
5 min: Aankondigings.
10 min: Gee praktiese hulp aan mense in die gebied. Gehoorbespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 188, paragraaf 4, tot die einde van bladsy 189. Voer ’n kort onderhoud met iemand wat gehelp is om vordering te maak omdat ander persoonlike belangstelling getoon het.
10 min: ’n Skoon Koninkryksaal strek Jehovah tot eer. Toespraak deur ’n ouer man. Jehovah is ’n heilige God, en daarom moet fisiese reinheid vir sy volk baie belangrik wees (Eks. 30:17-21; 40:30-32). As ons ons plek van aanbidding skoon en in ’n goeie toestand hou, verheerlik ons Jehovah (1 Pet. 2:12). Voer ’n onderhoud met ’n broer wat die skoonmaak- en instandhoudingswerk koördineer, en vra hom wat die plaaslike reëlings is. Vertel plaaslike of gepubliseerde ondervindinge wat toon hoe die goeie voorkoms van ’n Koninkryksaal tot ’n getuienis vir die gemeenskap gelei het. Spoor almal aan om te help om die Koninkryksaal in ’n goeie toestand te hou.
10 min: ‘Hierdie goeie nuus sal verkondig word’! Vraag-en-antwoord-bespreking.
Lied 118 (155)