Rooster vir die week van 8 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 8 FEBRUARIE
Lied 23 (47)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
lv hfst. 16 ¶15-22, venster op bl. 194
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Rigters 11-14
Nr. 1: Rigters 13:1-14
Nr. 2: Wat kan ons leer uit Jesus se woorde wat in Lukas 16:9-13 opgeteken is?
Nr. 3: Wat is die ‘ewige pyniging’ waarvan Openbaring praat? (rs bl. 190 ¶3–bl. 191 ¶1)
□ Diensvergadering:
Lied 94 (182)
5 min: Aankondigings.
10 min: Beantwoord vrae oor vakansiedae. Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, onder die twee onderhofies wat op bladsye 402 en 403 begin. Watter vakansiedae word gewoonlik deur die mense in julle gebied gevier? In watter situasies sal jy moontlik ’n getuienis oor ’n bepaalde vakansiedag kan gee? Sluit ’n demonstrasie in van hoe ’n ouer sy kind ’n antwoord help voorberei op die vraag: Waarom vier jy nie Paasfees nie?
20 min: “Gedenkmaaluitnodigings gaan wêreldwyd versprei word!” Vraag-en-antwoord-bespreking. Voordat paragraaf 2 bespreek word, moet elkeen sy eie eksemplaar van die uitnodiging ontvang, indien dit beskikbaar is, en moet die aandag op die onderskeie kenmerke van die uitnodiging gevestig word. Nadat paragraaf 2 bespreek is, moet ’n verkondiger demonstreer hoe die uitnodiging gebruik gaan word. Voer ’n onderhoud met die diensopsiener of ’n ander ouer man sodat hy verdere besonderhede kan gee oor die velddiensreëlings vir die komende Gedenkmaalkampanje.
Lied 18 (114)