Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/09 bl. 8
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 11/09 bl. 8

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Die Wagtoring 1 November

“Dit lyk of gesinne onder al hoe meer druk verkeer. Watter uitwerking dink jy sal dit op gesinne hê as gesinslede hierdie gesindheid van Jesus probeer navolg? [Lees Matteus 20:28. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie artikel bespreek vyf lesse wat gesinne uit Jesus se voorbeeld kan leer.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 16 begin.

Ontwaak! November

“Dink jy godsdiens bevorder liefde en vrede of bevorder dit haat en geweld? [Wag vir ’n antwoord.] Dit wil voorkom of baie mense nie hierdie woorde van Jesus toepas nie. [Lees Matteus 5:44, 45.] Hierdie artikel beantwoord die vraag: Is dit moontlik om jou vyande lief te hê?” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.

Die Wagtoring 1 Desember

“Dink jy dat God eendag ’n einde aan die lyding in die wêreld sal maak? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk gerus na hierdie belofte in die Bybel wat ons rede tot hoop gee. [Lees een van die tekste in die venster op bladsy 7.] Hierdie tydskrif toon wat die Bybel sê oor wanneer en hoe God ’n einde aan alle lyding sal maak.”

Ontwaak! Desember

“Party mense glo dat die heelal geskep is, terwyl ander dink dat dit per toeval ontstaan het en skynbaar geen doel het nie. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel hieroor sê. [Lees Hebreërs 3:4.] Hierdie tydskrif gee ’n redelike verduideliking oor die oorsprong en doel van die heelal.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel