Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Desember
“Gedurende dié tyd van die jaar beeld baie mense hierdie Bybelverslag in ’n Kerstoneel uit. [Lees Matteus 2:1, 11.] Het jy die verskille gesien tussen wat die Bybel sê gebeur het, en wat gewoonlik uitgebeeld word? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel bespreek wat werklik gebeur het.” Vestig die aandag op die artikel op bladsy 31.
Ontwaak! Desember
“Ek wil graag jou mening hoor oor iets wat Jesus gesê het. [Lees Matteus 5:3.] Dink jy dit maak saak hoe ons besluit om ons geestelike behoefte te bevredig, as daar soveel verskillende godsdienste is? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel toon wat die Bybel sê oor hoe ons ware geestelike bevrediging kan vind.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.
Die Wagtoring 1 Januarie
“Daar is teenstrydige godsdiensopvattings oor die gebruik van alkohol. Hoe dink jy voel God daaroor as ’n mens sterk drank drink? [Wag vir ’n antwoord.] Hoewel die Bybel sê dat Jesus een keer water wonderdadig in wyn verander het, sê dit ook die volgende. [Lees Spreuke 23:20a.] Hierdie tydskrif toon wat die Bybel se gebalanseerde beskouing is.”
Ontwaak! Januarie
“In hierdie moeilike tye voel baie mense dat hulle oorwerk is en onder geweldige stres verkeer. Het jy al so gevoel? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie redelike raad. [Lees Prediker 4:6.] Hierdie tydskrif bespreek hoe ons ons werk, gesin en ontspanning in ewewig kan hou. Dit gee ook wenke vir dié wat werk soek.”