Rooster vir die week van 26 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 26 OKTOBER
□ Gemeentelike Bybelstudie:
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Deuteronomium 11-13
Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings.
10 min: Berei voor om Die Wagtoring en Ontwaak! aan te bied. Toespraak. Gee ’n oorsig van die jongste tydskrifte en vestig die aandag op artikels wat moontlik in die plaaslike gebied byval sal vind. Sluit een demonstrasie in waarin ’n ouer ’n kind help om vir die bediening voor te berei. Die ouer en kind kies ’n artikel, dink aan ’n vraag en kies ’n teks om te gebruik. Die kind demonstreer dan sy aanbieding en meld die bydraereëling.
10 min: Wat leer die Bybel werklik? Gehoorbespreking. Vra die gehoor om te vertel watter hoofstukke in die boek hulle met die grootste welslae in die plaaslike gebied gebruik het. Watter vraag, prent of teks het hulle gebruik wanneer hulle die boek vir die huisbewoner gewys het? Laat een aanbieding gedemonstreer word.
10 min: Vraebus. Gehoorbespreking. Lees en bespreek die tekste in die Vraebus.