Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring September
“Baie meen dat die Genesisverslag oor Adam en Eva fiksie is. Ander glo dat Adam en Eva werklike mense was. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat Jesus van hulle gesê het. [Lees Markus 10:6-9.] Hierdie artikel ondersoek die bewyse en verduidelik waarom dit saak maak wat ons glo.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.
Ontwaak! September
Lees 1 Johannes 4:8. Sê dan: “Party glo dat God die goddeloses vir ewig in ’n brandende hel pynig. Ander meen dat so ’n opvatting nie strook met wat ons nou net gelees het nie. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel toon wat die Bybel oor die onderwerp leer.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Die Wagtoring 1 Oktober
“Ons almal het te kampe met uitdagings in die lewe. [Noem ’n paar wat algemeen in julle gebied is.] Dink jy dat God ons hiermee kan help? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus noem in hierdie vers een van die maniere waarop God ons help. [Lees Lukas 11:13.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die heilige gees is en hoe ons daarby kan baat vind.”
Ontwaak! Oktober
“Elke gesin ondervind van tyd tot tyd probleme. Waar dink jy kan gesinne betroubare en praktiese raad kry? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 32:8.] Hierdie spesiale uitgawe van die Ontwaak! bespreek ’n hele paar spesifieke Bybelbeginsels wat gesinne sal help as hulle dit toepas.”