Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/09 bl. 4
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 8/09 bl. 4

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 31 Augustus 2009. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 6 Julie tot 31 Augustus 2009.

1. Waarom is die doodstraf voorgeskryf vir iemand wat ’n ‘vloek uitspreek’ oor sy ouers? (Lev. 20:9). [w04-AF 5/15 bl. 24 par. 6]

2. Wie het die eerstelinge van die garsoffer geoes as alle Israelitiese mans die Fees van die Ongesuurde Koeke moes bywoon? (Lev. 23:5, 11). [w07-AF 7/15 bl. 26 par. 3]

3. Wat word deur die Jubeljaar voorafgeskadu? (Lev. 25:10, 11). [w04-AF 7/15 bl. 26-27]

4. Het “die tekens” wat in Numeri 2:2 genoem word, enige godsdienstige betekenis vir Israel gehad? [w02-AF 9/15 bl. 21 par. 4]

5. Watter gees lê voltydse Koninkryksverkondigers vandag aan die dag wat soortgelyk is aan dié wat die Nasireërs in eertydse Israel getoon het? (Num. 6:3, 5, 6). [w04-AF 8/1 bl. 24-25]

6. Watter beginsel van die wet oor die Leviete se uitdienstreding kan vandag op Jehovah se volk van toepassing wees? (Num. 8:25, 26). [w04-AF 8/1 bl. 25 par. 1]

7. Hoe het die Israeliete aan “’n selfsugtige verlange” uiting gegee, en watter les kan Christene van vandag hieruit leer? (Num. 11:4). [w01-AF 6/15 bl. 14-15; w95-AF 3/1 bl. 15 par. 10]

8. Waarom is net Mirjam met melaatsheid getref, en watter belangrike les kan ons hieruit leer? (Num. 12:9-11). [w04-AF 8/1 bl. 26 par. 2; it-2 bl. 415 par. 1]

9. Wat het Josua en Kaleb bedoel toe hulle gesê het dat die Kanaäniete “brood” is? (Num. 14:9). [w06-AF 10/1 bl. 16 par. 5; it-1 bl. 363-364]

10. Watter waarskuwende voorbeeld voorsien Numeri 21:5? [w99-AF 8/15 bl. 26-27]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel