Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/09 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 6/09 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Junie: Wat leer die Bybel werklik? Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kán God se vriend wees! en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Ons is bly om aan te kondig dat nog 11 Koninkryksale toegewy is. Die volgende gemeentes het nou ’n gepaste plek van aanbidding in hulle gebied: Mayville (Durban), Kutloanong-Suid en Kutloanong-Sentraal (Odendaalsrus), Moloto (noord van Pretoria), Kwambonambi en Imbabe (KwaZulu-Natal), Nkombose en Nkolokotho (naby Mtubatuba), Esikhawini-Noord en Nseleni-Oos (Empangeni) en Thembalethu (George).

◼ Die koördineerder van die liggaam van ouer manne moet reël dat die gemeentelike rekeninge vir Maart, April en Mei op 1 Junie of so gou moontlik daarna geouditeer word. ’n Afskrif van die Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30) moet dan op die kennisgewingbord aangebring word. Gemeentes in Suid-Afrika: Die sekretaris het die verantwoordelikheid om al drie maande se dokumente (S-26, S-30, kwitansies, strokies vir uitbetalings en bankstate) na die takkantoor te stuur en dit duidelik te merk vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel