Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/09 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 5/09 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke by belangstellendes doen, insluitende dié wat die Gedenkmaal of ander teokratiese geleenthede bywoon maar wat nie daadwerklik met die gemeente omgaan nie, moet jy jou daarop toespits om studies te begin met behulp van die Leer Bybel-boek. Junie: Wat leer die Bybel werklik? Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kán God se vriend wees! en Jy kan vir ewig op die aarde lewe!

◼ Wanneer jy beplan om gemeentelike vergaderinge of byeenkomste in ’n ander land by te woon, moet jy jou navrae in verband met datums, tye en plekke stuur na die takkantoor wat oor die werk in daardie land toesig hou. ’n Lys van takkantooradresse verskyn op die laaste bladsy van die jongste Jaarboek.

◼ ’n Doelgerigte poging sal aangewend word om die streek- en internasionale byeenkomste vir 2009, wat wêreldwyd gehou sal word, te adverteer. Verkondigers sal die geleentheid hê om ’n spesiale strooibiljet in hulle gebied te versprei. Die kampanje moet gedurende die drie weke voor die gemeente se toegewese streekbyeenkoms gehou word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel