Rooster vir die week van 9 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 9 MAART
□ Gemeentelike Bybelstudie:
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 40-42
Nr. 1: Genesis 40:1-15
Nr. 2: Ons moet versoekings weerstaan (lr-AF hfst. 9)
Nr. 3: Waak teen ’n onafhanklike gees!
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings. Nooi verkondigers in die gehoor om een of twee kort ondervindinge te vertel oor hoe hulle die tydskrifte aangebied het en wat die resultate was.
15 min: Wanneer ander ’n verduideliking eis. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die onderhofie wat op bladsy 177 van die Bedieningskool-boek begin. Demonstreer hoe ’n verkondiger ’n werksmaat of skoolmaat kan antwoord wat ’n vraag oor ons geloofsoortuigings vra. Die verkondiger antwoord kalm, met “sagmoedigheid en diep respek”.—1 Pet. 3:15.
15 min: “Wees deeglik voorbereid vir die Gedenkmaal.” Toespraak met gehoordeelname. Gee ’n oorsig van plaaslike reëlings vir die Gedenkmaal.