Rooster vir die week van 2 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 2 FEBRUARIE
□ Gemeentelike Bybelstudie:
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 21-24
Nr. 1: Genesis 22:1-18
Nr. 2: “Dit is my Seun” (lr-AF hfst. 5)
Nr. 3: Maniere waarop ons verruim kan word in ons liefde vir ander (2 Kor. 6:11-13)
□ Diensvergadering:
5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Potensiële gesprekdempers. Gebruik ná ’n kort inleiding die Redenering-boek, bladsye 15-20, om te demonstreer hoe ons op party van die algemeenste potensiële gesprekdempers in ons gebied kan reageer.
10 min: Help diegene wat nie geloof in die Bybel het nie. Gehoorbespreking wat gebaseer is op die Redenering-boek, bladsye 81-84. Bespreek hoe ons op verskillende besware oor die Bybel kan antwoord. Reël ’n demonstrasie waarin getoon word hoe ’n algemene beswaar in julle gebied oorkom kan word.