Rooster vir die week van 12 Januarie
WEEK WAT BEGIN MET 12 JANUARIE
□ Gemeentelike Bybelstudie:
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 6-10
Nr. 1: Genesis 9:1-17
Nr. 2: Antwoorde op besware oor geloof in God (rs-AF bl. 165 ¶3–bl. 166 ¶3)
Nr. 3: ’n Brief van ’n liefdevolle God (lr-AF hfst. 2)
□ Diensvergadering:
5 min: Plaaslike aankondigings.
10 min: Die waarde van ’n positiewe gesindheid in ons bediening. Gehoorbespreking. Jesus het vir ons ’n goeie voorbeeld gestel deurdat hy dié vir wie hy gepreek het, beskou het as skape wat hulp nodig het (Matt. 9:36-38). Wat het Ananias gehelp om sy gesindheid te verander, hoewel hy aanvanklik bang was om Saulus te besoek? (Hand. 9:13-15). Hoe het sy benadering getoon dat hy ’n positiewe gesindheid het? (Hand. 9:17). Watter redes het ons om mense in ons gebied met ’n positiewe gesindheid te benader? Hoe sal ’n positiewe gesindheid ons bediening doeltreffender maak? Voer ’n kort onderhoud met een of twee verkondigers wie se positiewe gesindheid tot goeie resultate in hulle bediening gelei het.
10 min: Gebruiksaanwysings vir Redenering uit die Skrif. Toespraak deur diensopsiener of ander ouer man wat gebaseer is op die Redenering-boek, bladsye 7-8.
10 min: “Hoe sal hulle hoor?”a
[Voetnoot]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.