Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien kortliks die voorgestelde aanbiedings vir Die Wagtoring van 1 Desember en die Ontwaak! van Desember, wat op bladsy 8 gevind kan word. Nooi diegene in die gehoor wat hierdie nommers al suksesvol aangebied het, om te vertel hoe hulle dit gedoen het. Watter artikel, vraag en teks het hulle gebruik?
15 min: Die Teokratiese Bedieningskool vir 2009. Toespraak deur die skoolopsiener. Bespreek punte wat plaaslik beklemtoon moet word uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2008. Hersien die rol van die bykomende raadgewer. Moedig almal aan om ywerig hulle toewysings te vervul, aan die Bybelglanspunte deel te neem en die wenke toe te pas wat elke week uit Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool gegee word.
20 min: “Gebruik jy die Redenering-boek?”a Wanneer paragraaf 4 bespreek word, laat ’n pionier of ’n ander bekwame verkondiger kortliks demonstreer hoe om die Redenering-boek in die deur-tot-deur-bediening te gebruik om die vraag ‘Waarom vier Jehovah se Getuies nie Kersfees nie?’ te beantwoord.
Week wat begin met 15 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
10 min: Gebruik herhaling in die bediening. Toespraak en gehoordeelname wat gebaseer is op die Bedieningskool-boek, bladsy 207. Demonstreer kortliks een of twee wenke uit die materiaal.
25 min: “‘Getuig deeglik’—in veiligheidskomplekse en woonstelgeboue.”b Dit moet deur die diensopsiener of ’n ander ouer man behartig word. Pas die materiaal plaaslik toe.
Week wat begin met 22 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Meld die lektuuraanbod vir Januarie, en laat ’n ouer man demonstreer hoe dit aangebied kan word.
15 min: Berei voor om Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! van Januarie aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van die tydskrifte en vra dan die gehoor watter artikels by mense in die gebied byval sal vind, en waarom. Verwys na van die artikels en nooi die gehoor om ’n gepaste vraag te meld wat hulle van plan is om te gebruik om ’n gesprek te begin, asook ’n teks in die artikel wat hulle sal lees voordat hulle die tydskrifte aanbied. Demonstreer ten slotte hoe elke tydskrif aangebied kan word deur die voorgestelde aanbiedings op bladsy 8 te gebruik, of ’n ander aanbieding wat by mense in julle gebied byval sal vind.
20 min: “’n Spesiale dag om Bybelstudies aan te bied.”c Kondig aan tydens watter naweek in Januarie die gemeente hulle daarop gaan toespits om Bybelstudies te begin. Hersien die wenke in paragraaf 3 en reël dat een of twee aanbiedings gedemonstreer word.
Week wat begin met 29 Desember
Gemeentelike Bybelstudie:
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Openbaring 15-22
Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Diensvergadering:
5 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
10 min: Volg Jesus se gesindheid teenoor die bediening na. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op “Kom word my volgeling”, bladsye 84-86, paragrawe 16-21.
20 min: “Die predikingswerk vereis volharding.”d Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
Week wat begin met 5 Januarie
Gemeentelike Bybelstudie:
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 1-5
Nr. 1: Genesis 3:1-15
Nr. 2: Hoekom Jesus ’n Groot Onderwyser was (lr-AF hfst. 1)
Nr. 3: Wat is nie nietigheid nie? (1 Kor. 15:58)
Diensvergadering:
5 min: Plaaslike aankondigings.
30 min: Plaaslike behoeftes.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.