Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/08 bl. 7
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • SPRAAKHOEDANIGHEDE
Ons Koninkryksbediening—2008
km 10/08 bl. 7

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Oktober 2008. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 September tot 27 Oktober 2008.

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Hoe kan ons uitvind waarom ander mense glo wat hulle glo? [be-AF bl. 259 par. 2, 3]

2. Hoe kan ons iemand help om vooroordeel of haat uit sy hart te verwyder? [be-AF bl. 260 par. 2]

3. Hoe kan ons ons studente help om hulle hart te ondersoek sodat hulle kan aanhou om geestelik te groei? [be-AF bl. 261 par. 3]

4. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons die hart probeer bereik van dié wat na ons luister? [be-AF bl. 262 par. 5]

5. Waarom moet ons aan tydreëling by gemeentelike vergaderinge aandag gee? [be-AF bl. 263 par. 1, 3, venster]

TOEWYSING NR. 1

6. Wat het Paulus beweeg om sy eerste brief aan die Korintiërs te skryf? [si-AF bl. 210 par. 3]

7. Waarom het Paulus sy tweede brief aan die Korintiërs geskryf? [si-AF bl. 214 par. 1-2]

8. Watter beskouing van die bediening moet Christene hê? [si-AF bl. 216-7 par. 18]

9. Hoe kan ons vandag, soos die broers in Filippi, God se goedkeuring verkry en ’n bron van vreugde vir ons broers word? [si-AF bl. 225 par. 12]

10. Watter goeie uitwerking het Paulus en sy metgeselle op die gemeente in Tessalonika gehad? [si-AF bl. 231 par. 13]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Wat beteken dit om die goddelose man “aan Satan [oor te gee] vir die vernietiging van die vlees, sodat die gees gered kan word”? (1 Kor. 5:5). [w08-AF 7/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die briewe aan die Korintiërs”]

12. Hoe “dikwels” moet Jesus se dood herdenk word, en tot wanneer? (1 Kor. 11:26). [w08-AF 7/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die briewe aan die Korintiërs”]

13. Watter visioen word in 2 Korintiërs 12:2-4 gemeld, en wie het dit heel moontlik gehad? [w04-AF 10/15 bl. 8 par. 4; bl. 10 par. 9]

14. Waarom het Paulus die Wet van Moses vergelyk met ’n “tugmeester . . . wat na Christus gelei het”? (Gal. 3:24). [w08-AF 3/1 bl. 18-21]

15. Wat het Paulus bedoel toe hy gebid het dat “julle gees en siel en liggaam, broers, . . . bewaar word”? (1 Tess. 5:23). [w08-AF 9/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die briewe aan die Tessalonisense en aan Timoteus”]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel