Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/08 bl. 8
  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Aan ons lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • ’n Nuttige reeks vir ons bediening
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Opwindende veranderinge vir Die Wagtoring!
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 8/08 bl. 8

Maak jy ten volle daarvan gebruik?

1 “Ek kan nie wag om dit in die veld te gebruik nie!” Dit is wat een suster geskryf het nadat sy Die Wagtoring van 1 Januarie 2008 gelees het. Het jy al gekyk na sommige van die gereelde rubrieke in die uitgawe vir die publiek, en het jy maniere gevind om dit goed te benut in jou veldbediening?

2 “Wat ons by Jesus leer”: Dalk het jy hierdie rubriek nuttig gevind om Bybelstudies mee te begin. As jy dit nie alreeds gedoen het nie, kan jy probeer om die titel van die artikel vir die huisbewoner te lees en om dan die aandag te vestig op wat Jesus volgens die eerste paragraaf oor die saak gesê het. As die huisbewoner belangstelling toon, kan jy die gesprek voortsit deur die onderhofies te gebruik, wat in die vorm van gedagteprikkelende vrae uiteengesit is. Nooi die persoon om kommentaar te lewer oor die vraag. Verduidelik kortliks enige prente wat daarmee verband hou, en doen dan die volgende paragraaf. Dalk sal jy die eerste helfte van die artikel gedurende die eerste besoek kan dek en die tweede helfte bespreek wanneer jy teruggaan. Wees voorbereid om die studie in die Leer Bybel-boek voort te sit.

3 “Sleutels tot gesinsgeluk”: Hierdie reeks, wat elke drie maande verskyn, is bedoel om mans, vrouens en ouers te help om te sien hoe om Bybelbeginsels toe te pas wanneer hulle probleme moet hanteer wat die vrede van die gesin bedreig. Jy kan hierdie artikels ook gebruik om nie-Getuies te help om te sien watter wysheid die Bybel bevat.—2 Tim. 3:16, 17.

4 Rubrieke vir jongmense: Die reeks “Vir ons jongmense” voorsien ’n interaktiewe skets wat gebruik kan word om meer te leer omtrent ’n spesifieke Bybelverslag. Jy kan hierdie artikels gebruik om jongmense wat jy in jou bediening ontmoet, te help om die praktiese waarde daarvan te sien om God se Woord te bestudeer (Ps. 119:9, 105). Wanneer jy met ouers praat, kan jy hulle aandag vestig op die “Leer jou kinders”-reeks, wat elke tweede maand verskyn. Hierdie artikels kan jonger kinders help om belangrike lesse by Bybelkarakters te leer. Het jy ’n punt daarvan gemaak om hierdie artikels saam met jou kinders te lees?

5 Ander rubrieke: Elke maand bespreek die rubriek “Ons lesers vra” ’n vraag wat iemand wat nie ’n Getuie is nie, waarskynlik sou opper. Jy kan die aandag op hierdie artikel vestig wanneer jy die tydskrifte van huis tot huis aanbied. Die rubriek “’n Brief van . . . ” is ’n lewendige verslag wat in die eerste persoon geskryf is en toon watter uitdagings sendelinge en ander in hulle bediening die hoof moet bied. Hierdie artikels kan belangstellendes help om te sien dat die goeie nuus aardwyd verkondig word, ter vervulling van die teken van Christus se teenwoordigheid.—Matt. 24:3, 14.

6 Die maandelikse rubriek “Kom nader aan God”, wat gebaseer is op die Bybelleesgedeelte vir die Teokratiese Bedieningskool, kan opregtes beweeg om meer omtrent Jehovah te leer. Die reeks “Volg hulle geloof na”, wat vier maal ’n jaar verskyn, is bedoel om mense te help om Bybelverslae te visualiseer omdat dit die Bybelkarakters—hulle keuses, hulle uitdagings, hulle geloof—vir hedendaagse lesers lewend maak.

7 Hoe verheug is ons tog om elke maand ’n hele uitgawe van Die Wagtoring te ontvang wat saamgestel is om in die veld te gebruik! Laat ons dan deeglik vertroud raak met die inhoud daarvan en ten volle daarvan gebruik maak in ons bediening.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel