Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 9 Junie
  • Week wat begin met 16 Junie
  • Week wat begin met 23 Junie
  • Week wat begin met 30 Junie
  • Week wat begin met 7 Julie
Ons Koninkryksbediening—2008
km 6/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 9 Junie

Lied 121

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word.

20 min: Hoe om voor te berei om ’n Bybelstudie te hou. Toespraak wat gebaseer is op Ons Koninkryksbediening vir Augustus 2004, bladsy 1. Hou aan die einde van die bespreking ’n demonstrasie van ’n verkondiger wat haastig probeer voorberei vir ’n Bybelstudie. Laat ’n ander verkondiger dan demonstreer hoe hy voorberei deur party van die wenke in Ons Koninkryksbediening te gebruik.

15 min: “Preek sonder ophou.”a Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.

Lied 201

Week wat begin met 16 Junie

Lied 90

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner die gehoor daaraan om Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van Julie volgende week na die Diensvergadering saam te bring en om voorbereid te wees om gepaste aanbiedings te bespreek wat hulle beplan om te gebruik.

15 min: Vestig die aandag op die praktiese waarde van die goeie nuus. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die Bedieningskool-boek, bladsy 159. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor kwessies wat mense in die plaaslike gebied tans kwel. Vra wenke oor hoe ons hierdie kwessies kan bespreek wanneer ons ons aanbiedings doen.

20 min: “Berei jou gesin voor vir oorlewing?”b Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.

Lied 54

Week wat begin met 23 Junie

Lied 140

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Meld die lektuuraanbod vir Julie, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.

20 min: Die gewone pionierdiens verryk ’n mens se lewe. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Januarie 2008, bladsye 17-19. ’n Onderhoud kan gevoer word met twee gewone pioniers, ’n nuwe pionier sowel as een wat al baie jare lank dien, indien sulke persone beskikbaar is. Laat hulle vertel hoe hulle lewens deur hierdie kosbare vorm van diens verryk is.

15 min: Berei voor om die jongste tydskrifte aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van Julie en vra die gehoor dan watter artikels by mense in die gebied byval sal vind, en waarom. Nooi gehoor om spesifieke gedagtes te meld in artikels wat hulle in hulle aanbiedings wil gebruik. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek te begin? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Gebruik die voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening of ’n aanbieding wat die gehoor voorgestel het, om te demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word.

Lied 82

Week wat begin met 30 Junie

Lied 97

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee.

20 min: Hoe ons ons kommunikasievermoë kan verbeter. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die Bedieningskool-boek, van bladsy 62, paragraaf 4, tot bladsy 64, paragraaf 5. Pas die inligting aan vir die plaaslike gebied. Hou ’n kort onderhoud met ’n verkondiger wat daarvoor bekend is dat hy mense by gesprekke kan betrek wanneer hy in die deur-tot-deur-bediening is of informeel getuig.

15 min: Onthou jy? Gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 April 2008, bladsy 29.

Lied 179

Week wat begin met 7 Julie

Lied 125

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Wanneer ’n huisbewoner ’n ander taal praat.”c Moet deur die diensopsiener behartig word. Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet die gemeente ingelig word van anderstalige groepe of gemeentes wat in dieselfde gebied as die gemeente preek. Meld enige spesifieke reëlings wat getref is om die betrokke taalgroepe of gemeentes te help om goed in die bediening saam te werk.

Lied 188

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel