Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Mei
  • Week wat begin met 19 Mei
  • Week wat begin met 26 Mei
  • Week wat begin met 2 Junie
Ons Koninkryksbediening—2008
km 5/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Mei

Lied 134

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van Mei aangebied kan word.

15 min: Ons kan enige beproewing verduur! Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Junie 2005, bladsye 30-1. Nooi gekose verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe Jehovah hulle gehelp het om ’n spesifieke beproewing te verduur.

20 min: Kan jy gedurende die komende maande hulppionierdiens doen? Gehoorbespreking. Hersien bladsye 112-13 in die Georganiseer-boek, en bespreek die vereistes waaraan voldoen moet word. Nooi diegene wat verlof geneem het om hulppionierdiens te doen, om kommentaar te lewer oor die seëninge wat hulle geniet het. Vra dié wat gedurende skoolvakansies hulppionierdiens gedoen het, om kommentaar te lewer oor hoe ander hulle aangemoedig en gehelp het. Hoe het hulppionierdiens hulle gehelp om geestelik vooruitgang te maak? Watter vreugdes het hulle ervaar? Moedig almal aan wat aan die vereistes voldoen, om dit te oorweeg om gedurende die komende maande te pionier.

Lied 187

Week wat begin met 19 Mei

Lied 47

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek Vraebus.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Jy kan ryk wees!”a Bespreek die vereistes vir gewone pionierdiens, wat gevind kan word op bladsye 113-14 van die Georganiseer-boek. Dié wat op 1 September wil begin pionier, moet hulle aansoek so gou moontlik indien.

Lied 206

Week wat begin met 26 Mei

Lied 103

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word.

15 min: “Neem my juk op julle.”b Nooi gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

20 min: Bied die Leer Bybel-boek gedurende Junie aan. Toespraak en demonstrasies. Hersien party van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006. Sluit ’n demonstrasie met twee dele in. Toon hoe die boek aangebied kan word en dan hoe om ’n herbesoek te doen met die doel om ’n Bybelstudie te begin.

Lied 169

Week wat begin met 2 Junie

Lied 221

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: Mense van getroue dade ontvang baie seëninge (Spr. 28:20). Toespraak en gehoorbespreking deur die sekretaris. Toon hoe Jehovah die gemeente se pogings geseën het om meer gedurende Maart, April en Mei te doen en prys hulle daarvoor. Kondig aan hoeveel verkondigers hulppionierdiens gedoen het, hoeveel nuwe Bybelstudies begin is, en meld ander goeie dinge wat in die bediening bereik is. Nooi die gehoor om ondervindinge te vertel in verband met die Gedenkmaal en die kampanje om die uitnodigings te versprei. Uitsonderlike velddiensondervindinge kan gedemonstreer word. Hou kortliks onderhoude met een of twee verkondigers oor die seëninge wat hulle as hulppioniers geniet het.

15 min: “Wees gereed vir elke goeie werk.”c Nooi die gehoor om te vertel hoe en wanneer hulle vir die deur-tot-deur-bediening voorberei.

Lied 44

[Voetnoot]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel