Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Aanbid die enigste ware God.
◼ Aangesien Maart vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers hersien. As enigeen van hulle dit moeilik vind om aan die uurvereiste te voldoen, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word.
◼ “Wie is bevoeg om oor die mensdom te heers?” sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2008-Gedenkmaalseisoen wees. Sien die verwante aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir September 2007.
◼ Soos daar in Ons Koninkryksbediening vir Desember 2007 aangekondig is, kan gemeentes nou Watchtower Library—2007 (cdly07) aanvra. Behalwe dat Watchtower Library—2007 nuwe publikasies insluit wat gedurende 2007 vrygestel is, is dit gebaseer op Watchtower Reader en daarom word Watchtower Reader nie as ’n bykomende program ingesluit nie. Die nuwe program is in baie opsigte selfs makliker om te gebruik, en daar is nuwe kenmerke waarvan jy sal hou en wat jou persoonlike studie lonender sal maak. Wanneer jy hierdie nuwe program installeer, sal jy gevra word om ’n kort dokument uit te druk wat jy kan gebruik terwyl jy met die nuwe program en sy bykomende kenmerke vertroud raak. Om Watchtower Library—2007 te installeer, moet jou rekenaar Microsoft Windows 2000, XP of Vista as bedryfstelsel gebruik.
◼ ’n Besending van “All Scripture”—Authentic and Beneficial—2008 (bsi08 Deel 1 en 2) in Venda sal aan alle gemeentes gestuur word wat Ons Koninkryksbediening in Venda ontvang. Hierdie gemeentes sal eers Deel 1 ontvang, en Deel 2 sal later gestuur word.