Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/08 bl. 7
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 2/08 bl. 7

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 25 Februarie 2008. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 7 Januarie tot 25 Februarie 2008. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Wat moet ons doen om ons toehoorders te help om die betekenis van tekste te verstaan, en waarom? [be-AF bl. 228 par. 2-3]

2. Waarom is dit belangrik dat ons ons aanbiedings leersaam maak vir ons toehoorders, en hoe kan ons dit doen? [be-AF bl. 230 par. 3-5, venster]

3. In watter opsigte kan navorsing ons toesprake leersamer maak? [be-AF bl. 231 par. 1-3]

4. Wat kan ons doen om bekende tekste leersamer te maak? [be-AF bl. 231 par. 4-5]

5. Waarom is dit belangrik om te redeneer oor die tekste wat ons lees? [be-AF bl. 232 par. 3-4]

TOEWYSING NR. 1

6. Wat toon dat die boek Matteus hoofsaaklik met ’n Joodse gehoor in gedagte geskryf is? [si-AF bl. 176 par. 6-7]

7. Hoe kan ons ons hart voorberei om goddelike onderrigting wat van die verhoog af gegee word, aan te neem? (2 Kron. 20:33). [be-AF bl. 13 par. 4–bl. 14 par. 4]

8. Wat kan ouers doen om hulle kinders te leer sodat hulle ‘wys kan word tot redding’? (2 Tim. 3:15). [be-AF bl. 16 par. 3-4]

9. Hoe vestig Matteus se Evangelie die aandag op die vervulling van Bybelprofesieë? [si-AF bl. 181 par. 32]

10. Matteus se Evangelie beeld Jesus as die beloofde Messias en Koning uit, maar hoe beskryf Markus se Evangelie hom? [si-AF bl. 182 par. 7-8]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Is dit ernstiger om aan woede uiting te gee as om dit op te krop? (Matt. 5:21, 22). [w08-AF 1/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Matteus”]

12. Hoe hou Christene hulle ‘oog eenvoudig’? (Matt. 6:22, 23). [w06-AF 10/1 bl. 29]

13. Watter punt het Jesus gemaak toe hy sy dissipels gevra het: “Het julle die sin van al hierdie dinge begryp?” (Matt. 13:51, 52). [w08-AF 1/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Matteus”]

14. Waarom het Jesus gewoonlik dié wat hy genees het, beveel “om hom nie openbaar te maak nie”? (Matt. 12:16). [w87-AF 5/15 bl. 9; cl-AF bl. 93-4]

15. Wat het Jesus bedoel met “die maat” waarmee ’n mens “uitmeet”? (Mark. 4:24, 25). [w80-AF 9/1 bl. 12; gt-AF hfst. 43]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel