Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 11 Februarie
  • Week wat begin met 18 Februarie
  • Week wat begin met 25 Februarie
  • Week wat begin met 3 Maart
Ons Koninkryksbediening—2008
km 2/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 11 Februarie

Lied 168

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! van Februarie aangebied kan word.

15 min: Kan jy dien waar hulp nodig is? Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 15 Julie 2003, bladsy 20. Sluit kommentare in oor die Georganiseer-boek, bladsy 111, paragraaf 1, tot bladsy 112, paragraaf 1. Voer ’n kort onderhoud met enigiemand wat getrek het na waar hulp nodig is. Met watter uitdagings het hulle te kampe gehad, en hoe het hulle dit oorkom? Watter seëninge het hulle geniet?

20 min: Help nuwelinge om as bedienaars te vorder. Ná ’n inleiding wat korter as ’n minuut is, moet ’n vraag-en-antwoord-bespreking van Die Wagtoring van 1 Desember 2005, bladsy 31, met behulp van die studievrae in die artikel gehou word. Nadat paragraaf 18 bespreek is, moet ’n kort demonstrasie gehou word waarin ’n huisbewoner ’n beswaar opper teenoor ’n nuwe verkondiger wat saam met ’n ervare verkondiger werk. Die nuwe verkondiger se antwoord is nie doeltreffend nie, en die huisbewoner beëindig die gesprek. Nadat hulle van die deur weggestap het, prys die ervare verkondiger die nuweling hartlik vir sy poging, en dan wys hy vir hom hoe hy die Redenering-boek kan gebruik om daardie potensiële gesprekdemper in die toekoms te oorkom.

Lied 50

Week wat begin met 18 Februarie

Lied 17

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

10 min: Plaaslike behoeftes.

25 min: “’n Bewys van geloof!”a Moet deur die diensopsiener behartig word. Sluit af met ’n positiewe hersiening van wat die gemeente gedurende die afgelope diensjaar bereik het.

Lied 194

Week wat begin met 25 Februarie

Lied 81

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Demonstreer hoe om die Gedenkmaaluitnodiging te gebruik om ’n familielid of buurman te nooi.

20 min: “Dink met waardering aan die losprys.”b Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

15 min: Berei voor om die jongste tydskrifte aan te bied. Gehoorbespreking. Vra die gehoor, ná ’n kort oorsig van Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van Maart, watter artikels by mense in die gebied byval sal vind en waarom. Nooi die gehoor om spesifieke punte te noem in artikels wat hulle beplan om te gebruik. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek aan te knoop? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Gebruik die wenke om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van Maart aangebied kan word.

Lied 119

Week wat begin met 3 Maart

Lied 223

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien hoofpunte in die venster “Gedenkmaalherinneringe”.

20 min: Kan jy in Maart ’n Bybelstudie begin? Gehoorbespreking. Gedurende Maart sal ons die Leer Bybel-boek aanbied met die doel om Bybelstudies te begin. Hersien ’n paar van die boek se uitsonderlike kenmerke. Bespreek hoe dit aangebied kan word wanneer ons teruggaan na iemand wat belangstelling getoon het toe ons ’n Gedenkmaaluitnodiging by hom gelaat het, wanneer ons teruggaan na waar ons ’n tydskrif by iemand gelaat het, en wanneer ons dit ná 22 Maart in die deur-tot-deur-bediening aanbied. (Sien km-AF 3/06 bl. 1, par. 3; bl. 3-6; km-AF 8/07 bl. 3.) Demonstreer een of twee aanbiedings.

15 min: Gebruik die Bybel wanneer jy vrae beantwoord. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsye 143-4. Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n verkondiger wat ’n vraag gevra word wat dikwels in die plaaslike gebied geopper word. Hy gebruik dan die Bybel om ’n antwoord te gee.

Lied 145

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel