Teokratiese nuus
◼ Nog drie Koninkryksale is in onlangse maande toegewy: Digawana (Botswana), Meqheleng (Ficksburg) en Kwa-Thema-Sentraal (Springs). Ons wil almal graag prys wat die Koninkryksaalbouwerk ondersteun.
Almal wat graag saam met hulle plaaslike SBK wil dien, moet die Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorm (S-82) invul. Die gemeentelike sekretaris sal van hierdie vorms hê, wat op die gemeente se maandelikse Literature Request-vorm (S-14) aangevra kan word.