Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/07 bl. 6
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 9/07 bl. 6

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir September: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies tydens die eerste besoek te begin. As huisbewoners reeds hierdie publikasie het, kan jy vir hulle wys hoe hulle daarby kan baat vind deur kortliks ’n Bybelstudie te demonstreer. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.

◼ Aangesien September vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ Die videoprogram Jehovah’s Witnesses—Organized to Share the Good News sal in Desember tydens ’n Diensvergadering bespreek word. Indien nodig, moet eksemplare so gou moontlik deur die gemeente aangevra word.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2008-Gedenkmaalseisoen sal gedurende die week van 31 Maart 2008 gehou word. Die tema van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek die kringbesoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor die week van 31 Maart hê nie.

◼ Die artikels “Volg die Christus deur waardigheid aan die dag te lê” en “Streekbyeenkomsherinneringe” in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening sal teen die einde van Oktober tydens ’n Diensvergadering bespreek word. Maar in Namibië en Botswana, waar die streekbyeenkomste vroeër gehou sal word, moet gemeentes reël om hierdie artikels ten minste drie weke voor hulle gemeente se toegewese streekbyeenkoms te bespreek.

◼ Gemeentes wat voorheen die 2007-jaarteks aangevra het, hoef nie die 2008-jaarteks aan te vra nie, want dit sal outomaties op grond van hulle vorige aanvrae aan hulle gestuur word. Maar gemeentes wat nie voorheen die 2007-jaarteks aangevra het nie, maar graag die 2008-jaarteks wil ontvang, moet die 2008-jaarteks saam met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra. Dit sal as “Pending” op die paklyste verskyn totdat dit beskikbaar is. Die jaarteks sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels, Kwangali, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Dit word deur ’n buitefirma gedruk, en daarom moet ons onthou dat ons die voorreg en verantwoordelikheid het om die Koninkrykswerk mildelik te ondersteun deur vrywillige bydraes te gee om hierdie onkoste te dek. Gemeentes moet die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2008 vertoon.

◼ Die takkantoor ontvang soms Literature Request-vorms (S-14) en Gemeentelike aanvrae-vorms (M-202) sonder die gemeente se naam en nommer daarop. In hierdie gevalle is dit onmoontlik om die aanvraag te verwerk. Ons wil julle graag daaraan herinner dat die sekretaris hierdie besonderhede sorgvuldig moet nagaan voordat hy die vorm teken en instuur.

◼ Ons Koninkryksbediening word plaaslik in die volgende vreemde tale gedruk: Amharies, Chinees (Tradisioneel, Vereenvoudig, Vereenvoudig [Pinjin]), Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Persies, Pools en Spaans. Dit word op dieselfde tyd as die uitgawes in die plaaslike tale gedruk en word betyds versprei sodat dit tydens die Diensvergadering gebruik kan word. Maar die inhoud verskil dalk effens van dié van die Suid-Afrikaanse Engelse uitgawe. As gemeentes Ons Koninkryksbediening in hierdie tale nodig het, moet hulle hulle aanvrae op ’n Gemeentelike aanvrae-vorm (M-202) instuur. As julle tale benodig wat nie hier genoem word nie, moet julle asseblief vir verdere inligting skriftelik of telefonies met die takkantoor in aanraking kom en na hierdie aankondiging verwys.

◼ Ons kry Die Wagtoring en Ontwaak! in ’n verskeidenheid vreemde tale van oorsese takke. Dit word op die goedkoopste manier per skip aan ons gestuur en is dus gewoonlik nie betyds vir die weeklikse Wagtoring-studie nie. Maar as gemeentes sekere tale betyds vir die Wagtoring-studie nodig het, kan ons ’n gedrukte eksemplaar van net die studieartikels voorsien. Vir verdere inligting moet julle asseblief skriftelik of telefonies met die takkantoor in aanraking kom en na hierdie aankondiging verwys.

◼ Van Januarie 2008 af sal Ons Koninkryksbediening ook in Kwangali en Kwanyama/Ndonga gedruk word. Gemeentes moet hulle aanvrae om hierdie tale op die Gemeentelike aanvrae-vorm (M-202) voor of op 1 Oktober 2007 instuur om die eerste nommer vir Januarie 2008 te ontvang.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

“All Scripture”—Authentic and Beneficial (brosjure van 2008) (bsi08)—Kwangali, Kwanyama

Sing lofliedere voor Jehovah—slegs lirieke (100 liedere) (sb100)—Kwangali

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel