Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/07 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 September
  • Week wat begin met 17 September
  • Week wat begin met 24 September
  • Week wat begin met 1 Oktober
Ons Koninkryksbediening—2007
km 9/07 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Let wel: Ons Koninkryksbediening sal ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande bevat. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Volg die Christus!”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas, kan julle 15 minute van die laaste Diensvergadering voor die streekbyeenkoms gebruik om raad en herinneringe wat plaaslik van toepassing is, uit hierdie maand se byvoegsel te herhaal. ’n Maand of twee ná julle streekbyeenkoms moet 15 tot 20 minute op ’n Diensvergaderingprogram (dalk ’n deel vir plaaslike behoeftes) opsygesit word om byeenkomshoogtepunte te hersien wat die verkondigers in die bediening nuttig gevind het. Die hersiening moet deur die diensopsiener behartig word. Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle daardie inligting in hulle bediening toepas of nog wil toepas.

Week wat begin met 10 September

Lied 225

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 September en die Ontwaak! van September aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.

15 min: Vraebus. Gehoorbespreking deur ’n ouer man. Lees en bespreek die teksverwysings na gelang van die tyd.

20 min: “Doelgerigte wêreldwye poging om die ‘Volg die Christus!’-streekbyeenkoms te adverteer.”a Nooi die gehoor, wanneer paragraaf 3 bespreek word, om uitsonderlike plaaslike ondervindinge te vertel wat hulle verlede jaar tydens die verspreiding van die uitnodigings vir die streekbyeenkoms gehad het, of lewer kommentaar oor die Jaarboek vir 2007, van bladsy 7 tot die onderhofie op bladsy 10.

Lied 130 en slotgebed.

Week wat begin met 17 September

Lied 60

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Die diensopsiener hersien die afgelope diensjaar en vestig die aandag op die goeie dinge wat in die bediening bereik is. Prys die broers waar dit gepas is. Meld een of twee aspekte waaraan die gemeente gedurende die nuwe diensjaar kan aandag gee. Lewer kommentaar oor die bedrywigheid van die pioniers en prys hulle vir hulle goeie werk. Vertel van die goeie resultate wat behaal is weens pogings om onbedrywiges te help.

20 min: ’n Verenigde broederskap. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op hoofstuk 16 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.

Lied 74 en slotgebed.

Week wat begin met 24 September

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Bespreek reëlings vir ontoegekende gebied vir Oktober. Hierdie is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Spoor almal aan om ’n volle aandeel daaraan te hê. Moet deur die diensopsiener behartig word.

20 min: “Volg die voorbeeld wat Jesus gestel het.”b Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle by ander se goeie voorbeeld baat gevind het.

15 min: Gebruik die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? om Bybelstudies in Oktober te begin. Die aanbod vir Oktober is Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, kan die traktaat gebruik word om ’n Bybelstudie te begin. Bespreek die traktaat kortliks nadat die saalwagters vir almal wat teenwoordig is, een eksemplaar gegee het indien dit beskikbaar is. Verduidelik dat die hele traktaat of net ’n gedeelte daarvan tydens die eerste besoek of die herbesoek met die huisbewoner bespreek kan word. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Oktober en die Ontwaak! van Oktober aangebied kan word. In een van die demonstrasies gee die verkondiger die traktaat vir die huisbewoner nadat hy nie die tydskrifte wou neem nie. In die ander demonstrasie neem die huisbewoner die tydskrifte, waarna die verkondiger vir hom die traktaat gee, bladsy 5 met hom bespreek, na die koepon op bladsy 6 verwys en aanbied om die publikasie vir hom te bring.

Lied 222 en slotgebed.

Week wat begin met 1 Oktober

Lied 88

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee.

15 min: Brief van die takkantoor. Toespraak en gehoorbespreking oor die brief wat op die eerste bladsy van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening verskyn.

20 min: “Ons streef daarna om meer in ons bediening te doen.”c Sluit kommentare in van broers en susters wat daarna streef om meer te doen, en laat hulle verduidelik hoe hulle voortdurend meer in hulle bediening probeer doen. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.

Lied 102 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel