Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van Julie aangebied kan word.
15 min: Bespreek planne vir die ontoegekende gebied. Moet deur die diensopsiener behartig word. Hersien die brief van 15 Mei 2007 oor die ontoegekende gebied, asook die lektuuraanbod, datums, gebied waarin gewerk gaan word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie na die ontoegekende gebied gaan nie, moet planne bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word.
20 min: Vraebus. Moet deur ’n ouer man behartig word. Lees en bespreek die hele artikel. Lewer kommentaar oor gedagtes in die Ontwaak! van 22 Mei 2005, bladsye 13-14, onder die onderhofies “Die gevare van bedrog en geheimhouding” en “Kies die werklike bo die virtuele”.
Lied 91 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: Bewaar die vrede en reinheid van die gemeente. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, van bladsy 144 tot die onderhofie op bladsy 150.
15 min: “Opwindende veranderinge vir Die Wagtoring!”a
Lied 189 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van Augustus aangebied kan word.
20 min: Wees gasvry teenoor mekaar. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Januarie 2005, bladsye 21-3. Voer ’n kort onderhoud met een of twee verkondigers wat vir hulle gasvryheid bekend is. Hoe het hulle moeite gedoen om gasvryheid te betoon? Watter seëninge het hulle en hulle gesin as gevolg daarvan geniet?
15 min: Berei doeltreffende inleidings voor. Gehoorbespreking wat gebaseer is op die Redenering-boek, bladsy 9, paragrawe 1-2. Sluit twee demonstrasies in wat toon hoe die lektuuraanbod vir Augustus aangebied kan word.
Lied 61 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee.
15 min: Selfopoffering bring Jehovah se seën mee. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 November 2005, bladsye 8-9.
20 min: “Gelukkig is die mens wat beproewing bly verduur.”b Nooi die gehoor, wanneer paragraaf 3 bespreek word, om kommentaar te lewer oor hoe sterk geloof hulle gehelp het toe hulle skielik voor ’n beproewing te staan gekom het. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
Lied 13 en slotgebed.
Week wat begin met 6 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: Wat bring ware geluk mee? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Mei 2006, bladsye 28-9, paragrawe 11-12. Voer kortliks ’n onderhoud met iemand wat gekies het om die bediening die middelpunt van sy lewe te maak, eerder as om genot of ’n sekulêre loopbaan na te jaag. Wat het daartoe gelei dat hy geestelike doelwitte nastreef? Hoe het dit geluk meegebring?
20 min: “Waarom ons herhaaldelik teruggaan.”c Nooi die gehoor, wanneer paragraaf 5 bespreek word, om kommentaar te lewer oor wat hulle belangstelling in die waarheid gewek het, hoewel hulle dit voorheen teëgestaan het of nie belanggestel het nie.
Lied 211 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.