Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Die geheim van gesinsgeluk of Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo? en Wanneer ’n geliefde sterf. September: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies tydens die eerste besoek te begin. As huisbewoners reeds hierdie publikasie het, kan jy vir hulle wys hoe hulle daarby kan baat vind deur kortliks ’n Bybelstudie te demonstreer.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet dit ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word nadat die volgende rekeningverslag gelees is. Aangesien die SAID vereis dat gemeentes as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) geregistreer moet word, moet die gemeentes asseblief hulle rekeninge vir Maart, April en Mei na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Die sekretaris en rekeningkneg moet seker maak dat die rekeninge volledig en ordelik is en dat die volgende inligting voorsien is: Boekhouvorm (S-26), Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30), Receipts (S-24), strokies vir uitbetalings en ’n bankstaat vir elke maand (indien die gemeente ’n bankrekening het). Merk dit duidelik vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration.
◼ ’n Jaarlikse voorraad vorms vir die 2008-diensjaar sal binnekort in groot koeverte na elke gemeente via die koördinerende gemeente gestuur word. Aangesien die ander gemeentes wat deel uitmaak van die Koninkryksaallektuurgroep, se name nie op die koevert verskyn nie, moet die lektuurkoördineerder die boodskappe op die paklys sorgvuldig nagaan en seker maak dat al hierdie gemeentes hulle vorms so gou moontlik kry.
◼ Gemeentes moet saam met hulle volgende lektuuraanvraag genoeg vorms vir die 2008-diensjaar aanvra. Die volgende vorms moenie aangevra word nie, aangesien dit by die gemeente se jaarlikse voorraad ingesluit sal word: Gemeenterapport (S-1), koeverte vir gemeenterapport (rce), Literature Request-vorm (S-14), Oorbetaling van bydraes-vorm (S-20), Ouditverslag van gemeenterekeninge (S-25), Boekhouvorm (S-26) en Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30). Gebruik asseblief alle vorms net vir die doel waarvoor dit gedruk is.
◼ Die kringbyeenkoms in Portugees is na 28 en 29 Julie 2007 verskuif. Dit sal nog steeds by die EikenhofByeenkomssaal gehou word.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Gee God werklik vir ons om? (dg)—Kwanyama
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif—Groot uitgawe (bi8)—Afrikaans, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu
Sing lofliedere voor Jehovah—Slegs lirieke (100 liedere) (sb100)—Venda
◼ Nuwe kompakskywe in MP3-formaat beskikbaar:
Kingdom Melodies (mpmel)