Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 25 Junie 2007. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 7 Mei tot 25 Junie 2007. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Wat kan ons doen om spanning te verlig wanneer ons praat sodat ons ons stemgehalte kan verbeter? [be-AF bl. 185 par. 1-3]
2. Hoe kan ons in ons bediening “alles vir alle soorte mense” word? (1 Kor. 9:20-23). [be-AF bl. 186 par. 2-4]
3. Hoe kan ons Jehovah se voorbeeld om na ander te luister, navolg? (Gen. 18:23-33; 1 Kon. 22:19-22). [be-AF bl. 187 par. 1-2, 5]
4. Op watter praktiese maniere kan ons ander help om geestelike vooruitgang te maak? [be-AF bl. 187 par. 6–bl. 188 par. 3]
5. Waarom is dit belangrik om respek aan ander te betoon? [be-AF bl. 190 par. 3, venster]
TOESPRAAK NR. 1
6. Waarom moet ons dié wat ons leer, se hart probeer bereik? [be-AF bl. 59 par. 1]
7. Watter uitwerking het ons voorbeeld op dié wat ons leer? [be-AF bl. 61 par. 1]
8. Hoe kan ons ons kommunikasievermoë by die huis verbeter? [be-AF bl. 62 par. 3]
9. Watter voorbeeld van moedige ywer het ons in die profeet Jeremia? [si-AF bl. 129 par. 36]
10. Watter vertroue word in Klaagliedere uitgedruk, maar waarom is die feit dat dit die strengheid van God se oordeel oor die goddeloses beskryf, nuttig? [si-AF bl. 132 par. 13]
WEEKLIKSE BYBELLEES- GEDEELTE
11. Watter vertroue kan ons hê na aanleiding van Jeremia se ondervinding wat in Jeremia 37:21 opgeteken is?
12. Waarom het Barug moontlik gesê dat Jehovah ‘droefheid by sy pyn gevoeg het’, wat hom ‘moeg laat word’ het, en wat was Barug se aanvanklike reaksie op die probleem? (Jer. 45:1-5).
13. Wanneer is Babilon nie meer bewoon nie sodat dit “in sy geheel ’n verlate woesteny” geword het? (Jer. 50:13).
14. Watter beginsel in verband met gebed word in Klaagliedere 3:8, 9, 42-45 verduidelik?
15. Wat word afgebeeld deur die strydwa wat in Esegiël hoofstuk 1 beskryf word?