Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word.
15 min: Ten volle toegerus as onderrigters van God se Woord. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Februarie 2002, bladsye 24-8. Party Christene huiwer om aan te bied om die Bybel met belangstellendes te studeer omdat hulle dink dat hulle nie bekwaam is om ’n studie te hou nie. Maar Jehovah maak ons bekwaam as bedienaars deur middel van sy Woord, sy heilige gees en sy organisasie. Ons doel is nie net om lektuur te versprei nie. Ons moet daarna streef om mense te onderrig (Matt. 28:19, 20). Spoor verkondigers aan om Bybelstudiebewus te wees.
20 min: Doen alles tot heerlikheid van God. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, hoofstuk 13.
Lied 144 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.
15 min: Onthou jy? Gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 April 2007, bladsy 19.
20 min: “Ons span ons met graagte in om Jehovah te dien!”a Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
Lied 82 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van Julie aangebied kan word.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Kan jy ingaan by ‘’n groot deur wat tot bedrywigheid lei’?”b Voer ’n kort onderhoud met een of twee gewone pioniers. Watter aanpassings het hulle gemaak om as gewone pioniers te dien? Watter seëninge het hulle ontvang?
Lied 138 en slotgebed.
Week wat begin met 2 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Julie, en reël dat ’n aanbieding gedemonstreer word.
15 min: Informele getuieniswerk—’n belangrike manier om die goeie nuus te verkondig. Gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bladsye 101-2. Gee ’n paar praktiese wenke oor hoe om informeel te getuig. Nooi die gehoor om aanmoedigende ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle informeel getuig het.
20 min: “Hou aan om ‘veel vrug te dra’.”c Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet kommentaar gelewer word oor die venster “Hoe om ‘met volharding vrug te dra’” in Die Wagtoring van 1 Februarie 2003, bladsy 21.
Lied 69 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.