Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Mei
“Hoe sou jy hierdie vraag beantwoord? [Lees die vraag op die voorblad. Wag dan vir ’n antwoord.] Die Bybel gee ons ’n rede vir hoop. [Lees Matteus 6:9, 10.] Hierdie tydskrif verduidelik hoe God se Koninkryk God se wil op die aarde sal laat geskied.”
Ontwaak Mei
“Dink jy dat ons dade en uiteindelike lot deur God voorbeskik is? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens hierdie Bybelvers laat God mense toe om te kies hoe hulle hulle lewe sal lei. [Lees Deuteronomium 30:19.] Hierdie artikel toon wat die Bybel oor die onderwerp sê.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.
Wagtoring1 Jun.
“Ons hoor byna elke dag berigte oor mense wat bose dinge doen. [Noem ’n onlangse voorbeeld wat plaaslik bekend is.] Het jy al ooit gewonder of daar ’n onsigbare, boosaardige mag is wat mense beïnvloed? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 12:12.] Hierdie tydskrif toon hoe ons ons kan beskerm.”
Ontwaak! Jun.
“Ek wil graag jou mening hoor oor wat dit hier sê. [Lees 1 Timoteus 6:10.] Dink jy dat diegene wat vir geld en materiële besittings lewe, werklik as gevolg daarvan probleme ondervind? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik watter slegte gevolge die najaging van rykdom inhou.”