Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Mei en die Ontwaak! van Mei aangebied kan word.
20 min: Ondersteuning van die Koninkrykswerk plaaslik en wêreldwyd. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, hoofstuk 12.
15 min: “Hy gee die vermoeide krag.”a Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
Lied 1 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek Vraebus.
15 min: Jy kán ’n ander taal aanleer! Toespraak wat gebaseer is op die Ontwaak! van Maart 2007, bladsye 10-12. Vestig die aandag op die waarde daarvan om ’n ander taal aan te leer met die doel om die goeie nuus te bevorder.
20 min: “Verdedig jy God se Woord?”b Lewer kommentaar oor die vensters op bladsye 143-4 in die Bedieningskool-boek.
Lied 202 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word.
20 min: Bied in Junie die Skepper- of die Gesinsgeluk-boek aan. Vestig die aandag op party van die nuttige kenmerke van die boeke, en demonstreer hoe om elke boek aan te bied deur aanbiedings te gebruik wat in die plaaslike gebied doeltreffend sal wees. Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die goeie resultate wat behaal is toe hulle hierdie publikasies vir kennisse of familielede gegee het.
15 min: Velddiensondervindinge. Vertel ondervindinge wat hulppioniers en verkondigers gehad het toe hulle gedurende Maart, April en Mei hard gewerk het om meer in die veld te doen. Vertel ook ondervindinge van dié wat tydskrifte by mense gelaat het en hulle weer besoek het met die doel om ’n Bybelstudie te begin. Een of twee uitsonderlike ondervindinge kan gedemonstreer word.
Lied 21 en slotgebed.
Week wat begin met 4 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Leer jou kinders om Jehovah te loof.”c Lewer kommentaar oor Ons Koninkryksbediening vir Julie 2005, bladsy 3, wanneer paragraaf 4 bespreek word.
Lied 169 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.