Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/07 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 4/07 bl. 7

Aankondigings

Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of Die geheim van gesinsgeluk. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Hou aan waak!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? en Wanneer ’n geliefde sterf.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet sorg dat hulle genoeg van die volgende vorms het: Aansoek om gewone pionierdiens (S-205) en Aansoek om hulppionierdiens (S-205b). Dit kan op die Literature Request-vorm (S-14) aangevra word. Hou ten minste ’n jaar se voorraad. Maak seker dat aansoekvorms vir gewone pionierdiens volledig ingevul is voordat julle dit na die takkantoor stuur.

◼ Dit is belangrik dat die takkantoor se rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum gehou word. As daar te eniger tyd ’n verandering is, moet die Gemeentelike Dienskomitee so gou moontlik ’n Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres-vorm (S-29) invul, teken en na die takkantoor stuur. Dit sluit enige veranderinge in telefoongebiedskodes in.

◼ Wanneer persoonlike reisplanne die bywoning van gemeentelike vergaderinge of ’n kring- of streekbyeenkoms in ’n ander land insluit, moet navrae oor datums, tye en plekke gestuur word na die takkantoor wat oor die werk in daardie land toesig hou. Sien die laaste bladsy van die jongste Jaarboek vir takkantooradresse.

◼ Party het gevra of hulle kopieë van die Watchtower Library op CD-ROM vir ander in die gemeente kan maak of kan toelaat dat ander die sagteware installeer en dan die CD-ROM vir hulle teruggee. Die lisensie-ooreenkoms, wat verskyn wanneer die sagteware geïnstalleer word en ook in die aanhangsel van die “Help”-stelsel gevind word, sê dat hierdie gebruike nie toegelaat word nie. Broers en susters word aangemoedig om hulle eie eksemplaar van die Watchtower Library deur die gemeente te verkry.

◼ Die sekretaris moet sorg dat die Streekboukomitee op hoogte gehou word van die status van alle gedoopte verkondigers wat Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorms (S-82) ingestuur het. Wanneer ’n vrywillige werker se status verander, soos wanneer hy verhuis of as ’n bedieningskneg of ouer man aangestel word, moet ’n nuwe vorm so gou moontlik ingevul en ingestuur word. As ’n vrywillige werker se posadres of telefoonnommer verander of as hy nie meer ’n goeie naam in die gemeente het nie, moet die ouer manne die Streekboukomitee onmiddellik per brief in kennis stel. Afskrifte van die ingevulde S-82-vorms in die gemeentelêer moet aan die kringopsiener beskikbaar gestel word sodat hy dit kan nagaan wanneer hy die gemeente besoek.

◼ Ons reël weer ’n spesiale byeenkomsdag in gebaretaal, wat op 13 Mei 2007 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gehou sal word. ’n Kringbyeenkoms in gebaretaal sal op 25 en 26 Augustus 2007 ook daar gehou word. Daarbenewens is ons bly om die dowe veld in kennis te stel dat die eerste driedaagse streekbyeenkoms in gebaretaal vir 14-16 Desember 2007 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gereël is. Ons stel julle vooraf hiervan in kennis sodat soveel moontlik van diegene in die dowe veld in Suid-Afrika en die buurlande dit kan bywoon.

◼ LET WEL: Wanneer jy die takkantoor skakel, moet jy asseblief die volgende in gedagte hou: (1) Skakel lede van die Bethelgesin asseblief ná werksure vir persoonlike sake, tensy dit ’n noodgeval is. (2) Wanneer jy oor ’n probleem of ’n vraag skakel, moet jy asseblief duidelik sê waarvandaan jy skakel en wat jy wil bespreek. Ons wil ouer manne afraai om te vra om met ’n spesifieke broer te praat, aangesien hy dalk ’n toewysing in ’n ander afdeling gekry het of miskien nie beskikbaar is om te help nie. Die skakelbordoperateur sal jou na die regte afdeling kan deurskakel. Probeer jou oproepe asseblief so kort moontlik hou om kosbare tyd te spaar. (3) As jy ’n persoonlike probleem wil bespreek, moet jy dit asseblief eers met die plaaslike ouer manne bespreek voordat jy die takkantoor skakel. Hulle is in die beste posisie om jou met vrae of probleme te help. Ons spoor ALMAL aan, met inbegrip van die ouer manne, om eerder ’n brief te skryf waarin die probleem uiteengesit word, tensy dit ’n dringende saak is. Ons sal met graagte onmiddellik aan die saak aandag gee.—Sien Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1992, bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel