Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 30 April 2007. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 Maart tot 30 April 2007. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe kan ons ons toespraakskets eenvoudig hou? [be-AF bl. 168 par. 4]
2. Noem vier maniere waarop ons materiaal logies kan aanbied. [be-AF bl. 170 par. 3–bl. 172 par. 4]
3. Watter faktore moet ons in gedagte hou wanneer ons besluit wat om by ’n toespraak in te sluit? [be-AF bl. 173 par. 1-2]
4. Watter voordele hou ekstemporêre voordrag in? [be-AF bl. 175 par. 2-4]
5. Waarom is dit belangrik om op ’n geselstrant te praat, en hoe kan ons hierdie hoedanigheid aankweek? [be-AF bl. 179 par. 4, venster; bl. 180, venster]
TOESPRAAK NR. 1
6. Hoe moet ’n broer voorberei wat glanspunte uit die weeklikse Bybelleesgedeelte moet aanbied? [be-AF bl. 47 par. 3-4]
7. Wat omtrent Christus se losprys is baie belangriker as die voordele wat ons daardeur ontvang? [w05-AF 11/1 bl. 14 par. 1]
8. Hoe moet die teksverwysings in ’n openbare toespraak gebruik word? [be-AF bl. 53 par. 1-2]
9. Wat was Jesus se oogmerk as ’n onderrigter, en hoe kan ons hom navolg? [be-AF bl. 57 par. 1]
10. Waarom is die gebruik van teenstellings doeltreffend in onderrigting? [be-AF bl. 57 par. 3-4]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Hoe kan ons daarna streef om die raad toe te pas in Jeremia 6:16 om te wandel op “die paaie van lank gelede, waar die goeie weg tog is”?
12. Waarom het Jehovah die ooievaar as ’n praktiese les vir ontroue Jode gebruik, en wat kan ons hieruit leer? (Jer. 8:7).
13. Hoe hou Jeremia 15:17 verband met ons beskouing van hedendaagse vermaak?
14. Hoe is mense soos klei in die hande van die Groot Pottebakker, Jehovah? (Jer. 18:5-11).
15. Hoe is die volgorde waarin die nasies in Jeremia 25:17-26 genoem word vir ons dag betekenisvol?