Gedenkmaalherinneringe
Vanjaar sal die Gedenkmaal op Maandag 2 April gehou word. Die ouer manne moet aan die volgende sake aandag skenk.
◼ Wanneer daar op ’n tyd vir die vergadering besluit word, moet julle seker maak dat die embleme eers ná sononder omgestuur sal word.
◼ Almal, met inbegrip van die spreker, moet in kennis gestel word van presies hoe laat en waar die herdenking gehou sal word.
◼ Die gepaste soort brood en wyn moet verkry en reggesit word.—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 2003, bladsye 14-15.
◼ Borde, glase en ’n geskikte tafel en tafeldoek moet vooraf na die saal gebring en reggesit word.
◼ Die Koninkryksaal of ander vergaderplek moet voor die tyd deeglik skoongemaak word.
◼ Saalwagters en bedieners moet vooraf gekies en ingelig word oor hulle pligte, die regte prosedure en die belangrikheid van waardige kleredrag en persoonsversorging.
◼ Reëlings moet getref word om die embleme te bedien aan enige van die gesalfdes wat siek is en nie teenwoordig kan wees nie.
◼ Wanneer meer as een gemeente dieselfde Koninkryksaal gaan gebruik, moet daar goeie samewerking tussen gemeentes wees om ’n onnodige samedromming in die voorportaal of ingang, op die sypaadjies en in die parkeerterrein te vermy.