Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/07 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 3/07 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of Die geheim van gesinsgeluk.

Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat aansoek gedoen het om as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) te registreer, moet asseblief die gemeente se rekeninge vir Desember, Januarie en Februarie na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.

◼ Gemeentes moet die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! beskikbaar stel sodra hulle dit ontvang. Dit sal die verkondigers in staat stel om met die inhoud daarvan vertroud te raak voordat hulle die tydskrifte in die velddiens aanbied.

◼ Die takkantoor maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Verkondigers moet hulle lektuur deur die gemeente bestel. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voordat die gemeente se maandelikse lektuurbestelling na die takkantoor gestuur word sodat almal wat daarin belangstel om persoonlike lektuuritems te bekom, die broer wat die lektuur behartig, in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is. Die gemeente moet dit net bestel wanneer ’n verkondiger dit aanvra. Die Literature Request-vorm (S-14) moet elke maand stiptelik ingestuur word.

◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2006 begin aanvra. Die bundels sal in Chinees (Tradisioneel), Engels, Frans en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.

◼ As jy in ’n hospitaal opgeneem word en wil hê dat die plaaslike ouer manne of ouer manne wat lede van ’n Pasiëntbesoekgroep is, toegang tot jou naam moet hê, moet jy jou asseblief by die hospitaal as een van Jehovah se Getuies identifiseer en vra dat hulle dit op hulle lys aandui. Verduidelik dat ’n bedienaar van Jehovah se Getuies jou kan besoek.

◼ Ouer manne, veral Gemeentelike Boekstudieopsieners, moet seker maak dat elke gedoopte verkondiger in die groep die nuwe DPA-kaart voltooi het volgens die riglyne wat gegee is tydens die Diensvergaderingprogram van 22 Januarie 2007 sowel as in die brief aan alle liggame van ouer manne van 8 Oktober 2006.

◼ Lektuurknegte moet daarop let dat die stel van vyf albums van Sing Praises to Jehovah—On Audiocassette (csLsb) wat tydens gemeentelike vergaderinge gebruik word, nie meer aangevra kan word nie. Die stel van agt CD’s van Sing Praises to Jehovah—On Compact Disc (cdsb) moet eerder aangevra word.

◼ Die spesiale byeenkomsdag in Portugees sal op 3 Maart 2007 gehou word. Die kringbyeenkoms in Portugees sal op 21 en 22 Julie 2007 gehou word. Albei programme sal aangebied word by die Eikenhof-Byeenkomssaal, Johannesburg.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Lewe met Jehovah se dag in gedagte (jd)—Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu

Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (bi7)—Chichewa

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel