Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/07 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 1/07 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Enige ouer boek wat die gemeente in voorraad het, met inbegrip van die Kennis-boek. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die Hou aan waak!-brosjure aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April: Die Wagtoring en Ontwaak!

◼ Vanaf Februarie, en nie later as 4 Maart nie, sal kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema: “God se nuwe wêreld—Wie sal daar mag ingaan?”

◼ Die videoprogram Young People Ask—What Will I Do With My Life? sal tydens ’n Diensvergadering in April bespreek word. Indien nodig, moet eksemplare so gou moontlik deur die gemeente aangevra word.

◼ Ons Chinese lektuur word in twee soorte skrif uitgegee. Mense van Hongkong en Taiwan lees gewoonlik die tradisionele skrif, wat ons “Chinees” (CH) noem. Die meeste ander Chinese lesers lees gewoonlik ’n vereenvoudigde skrif wat “Vereenvoudigde Chinees” (CHS) genoem word. Aangesien daar nie ’n verband is tussen die skrif wat ’n persoon lees en of hy Kantonnees, Mandaryns of ’n ander dialek praat nie, is dit belangrik om uit te vind watter skrif hy verkies. Die boekie Good News for People of All Nations, bladsye 13-14, kan hiervoor gebruik word. Sodoende sal lektuur in die regte skrif aangevra word.

◼ Gemeentes moet gepaste reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Maandag 2 April, ná sononder, te hou. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet die embleme eers ná sononder omgestuur word. Doen plaaslik navraag oor hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaal hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes daardie aand miskien ander fasiliteite gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme is sodat almal ten volle by omgang ná die Gedenkmaal kan baat vind. Verkeerstoestande en parkering moet ook in aanmerking geneem word, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal wees.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet seker maak dat hulle ’n pionieraanstellingsbrief (S-202) vir elke gewone pionier in die gemeente het. Indien nie, moet hulle na die takkantoor skryf.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet seker maak dat die Koninkryksaal se adres en telefoonnommer in die plaaslike telefoongids verskyn.

◼ Spesiale bedrywighede vir Maart, April en Mei: Maart, April en Mei is ’n tyd vir groter bedrywigheid. Baie verkondigers sal aan die hulppionierdiens deelneem. Ons spoor Diensopsieners aan om dadelik reëlings te begin tref vir die groter aandeel wat hulle gemeente aan velddiens sal hê, wat die reëlings vir die spesiale Tydskrifdag op 14 April 2007 insluit. Gemeentes moet spesiale aanvrae vir bykomende tydskrifte wat gedurende hierdie maande gebruik sal word, op die laatste teen 1 Februarie 2007 instuur. As laat aanvrae ontvang word, kan ons nie waarborg dat ons genoeg tydskrifte sal hê nie.

Ons spesiale Tydskrifdag sal op 14 April 2007 val. Ons spoor almal aan om nou met hulle beplanning te begin sodat hulle vanjaar ’n volle aandeel daaraan kan hê. Kan jy gedurende April aan die hulppionierdiens deelneem?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel