Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/06 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Junie
  • Week wat begin met 19 Junie
  • Week wat begin met 26 Junie
  • Week wat begin met 3 Julie
Ons Koninkryksbediening—2006
km 6/06 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Junie

Lied 218

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word. In een van die aanbiedings moet die tydskrifte gedurende informele getuieniswerk aangebied word.

20 min: “Ons bediening—’n Werk wat medelye weerspieël.”a Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

15 min: Vertrou “die getroue en verstandige slaaf”. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op hoofstuk 3 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.

Lied 47 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Junie

Lied 21

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

20 min: Hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog! Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Januarie 2006, bladsye 16-19. Vestig in ’n inleidende toespraak die aandag op die vier voordele wat dit inhou om ander te prys, wat onder die onderhofie “Positiewe gevolge” bespreek word. Nooi dan die gehoor om kommentaar te lewer oor die volgende vrae: Wie is die verdienstelikste onder diegene aan wie lof toekom? Waarom verdien medeaanbidders gepaste lof? Watter geleenthede het ons om ander in die gemeente te prys? Waarom is dit voordelig om gesinslede te prys, en hoe kan ons dit doen? Hoe is jy al aangemoedig of versterk deur lof wat jy ontvang het?

15 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur ander te prys.”b Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n verkondiger wat aandagtig na ’n huisbewoner luister, opregte lof gee en dan voortbou op wat die huisbewoner gesê het deur ’n gepaste teks te lees.

Lied 96 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Junie

Lied 63

15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van Julie aangebied kan word. Aan die einde van elke aanbieding vra die verkondiger ’n gedagteprikkelende vraag wat tydens die volgende besoek met behulp van die Leer Bybel-boek beantwoord kan word.

15 min: Diens saam met ’n anderstalige gemeente. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Maart 2006, bladsye 17-20. Lewer kommentaar oor die Georganiseer-boek, bladsy 112, paragraaf 2. Pas die inligting plaaslik toe. Een of twee kort onderhoude kan gevoer word met diegene wat hulle bediening wil uitbrei deur ’n ander taal te leer. (As dit nie vir julle gebied prakties is nie, kan hierdie deel vervang word met “Jehovah sal jou hoegenaamd nie verlaat nie” in Die Wagtoring van 15 Oktober 2005, bladsye 8-11. Dit kan as ’n toespraak gehou word.)

15 min: Bied die goeie nuus in Julie aan. Watter onderwerpe is vir mense in julle gebied van algemene belang? Voer ’n kort onderhoud met een of twee verkondigers wat die Leer Bybel-boek op doeltreffende wyse gebruik het en miskien ’n Bybelstudie begin het. Gebruik dan ’n aanbieding wat in julle gebied doeltreffend is, om te demonstreer hoe die aanbod van huis tot huis gebruik kan word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8, par. 5.

Lied 208 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Julie

Lied 111

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee as hulle dit nog nie gedoen het nie.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik.”c Nooi die jongmense in die gemeente om kommentaar te lewer oor hulle geestelike doelwitte en wat hulle doen om dit te bereik. Daar kan vooraf gereël word dat een of twee kommentaar lewer.

Lied 30 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel