Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/06 bl. 3
  • ’n Voorbeeld vir mense van alle ouderdomme

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Voorbeeld vir mense van alle ouderdomme
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Volg hulle geloof na
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hy is “met sewe ander veilig bewaar”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 5/06 bl. 3

’n Voorbeeld vir mense van alle ouderdomme

Hy het ’n hegte, intieme verhouding met God geniet. Hy het sy lewe gewy aan die uitvoering van Jehovah se wil. Hy “het met die ware God gewandel” en is daarvoor geseën. Hy was Noag, ’n navolgenswaardige voorbeeld vir jonk en oud (Gen. 6:9). Die video Noah—He Walked With God sal jou help om te sien onder watter omstandighede Noag gelewe het, waarom hy Jehovah se seën verdien het en hoe jy sy goeie eienskappe kan navolg.

Die DVD-weergawe van die Noah-video bevat ook die volgende video-vasvra. Kyk na die video en toets jouself dan: (1) Wat het sommige engele gedoen wat verkeerd was, en wie was die Nefilim? (Gen. 6:1, 2, 4). (2) Waarom het mense so sleg geword, en hoe het God daaroor gevoel? (Gen. 6:4-6). (3) Hoe het Noag van hulle verskil? (Gen. 6:22). (4) Hoe is die goddeloses vernietig? (Gen. 6:17). (5) Hoe groot was die ark? (Gen. 6:15). (6) Wat het Noag nog gedoen, en hoe het mense daarop gereageer? (Matt. 24:38, 39; 2 Pet. 2:5). (7) Hoeveel van elke dier was daar in die ark? (Gen. 7:2, 3, 8, 9). (8) Hoe lank het dit gereën, en hoe lank was die aarde heeltemal onder water? (Gen. 7:11, 12; 8:3, 4). (9) Waarom het Noag en sy gesin behoue gebly? (Gen. 6:18, 22; 7:5). (10) Waar het die ark tot rus gekom? (Gen. 8:4). (11) Hoe het Noag geweet dat dit veilig was om die ark te verlaat? (Gen. 8:6-12). (12) Wat het Noag gedoen toe hy uitgekom het? (Gen. 8:20-22). (13) Wat beteken die reënboog? (Gen. 9:8-16). (14) Wat beteken dit om ‘met God te wandel’? (Gen. 6:9, 22; 7:5). (15) Wat moet ons doen as ons Noag in die Paradys wil sien? (Matt. 28:19, 20; 1 Pet. 2:21).

Wat het die Bybelverslag oor die getroue, gehoorsame Noag jou geleer oor hoe jy ook ‘met God kan wandel’ en vertroue kan hê in Jehovah se vermoë om sy hedendaagse volk te verlos?—Gen. 7:1; Spr. 10:16; Heb. 11:7; 2 Pet. 2:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel