Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Mei en die Ontwaak! van Mei aangebied kan word. In een van die aanbiedings moet die verkondiger Die Wagtoring van 1 Mei en 15 Mei en die Ontwaak! van Mei by iemand op sy tydskrifroete laat wat nie Die Wagtoring van 1 Mei ontvang het nie. Wanneer die drie tydskrifte aangebied word, moet die aandag net op een nommer gevestig word. Verkondigers kan mense op hulle tydskrifroete een of twee keer per maand besoek.
20 min: “Volg my voortdurend.”a Voer kortliks ’n onderhoud met ’n voorbeeldige verkondiger wat probeer om sy lewe eenvoudig te hou, en wat persoonlike strewes beperk sodat hy meer kan doen om Koninkryksbelange te bevorder en ander te dien. Vestig die aandag op die seëninge wat hy ontvang omdat hy dit doen.
15 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die seëninge wat hulle ontvang het omdat hulle hulle gedurende Maart en April in die bediening ingespan het. Vestig die aandag op die resultate wat behaal is om Bybelstudies te begin en nuwelinge te help om die Gedenkmaal by te woon. Een of twee uitsonderlike ondervindinge kan gedemonstreer word.
Lied 91 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om na die video Noah—He Walked With God te kyk ter voorbereiding vir die Diensvergadering wat gedurende die week van 29 Mei gehou sal word.
10 min: Werk in eenheid saam onder Christus se leierskap. ’n Toespraak wat gebaseer is op die inligting onder die onderhofie “Wat erkenning van sy rol beteken” op bladsye 13-14 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.
25 min: “Koninkryksaalbouwerk—’n belangrike aspek van heilige diens.”b Wys vir die gehoor hoe ’n Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorm (S-82) lyk wanneer paragraaf 2 bespreek word en verduidelik hoe hierdie vorms verkry kan word. Voer ’n onderhoud met party wat al ’n aandeel daaraan gehad het om Koninkryksale te bou of op te knap.
Lied 133 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Mei
12 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van Junie aangebied kan word. Die agtergrond vir die demonstrasies moet ’n gesin wees wat ’n oefensessie hou.
15 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur bedagsaam te wees.”c Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet die venster “Wat sê ’n mens vir ’n antwoordmasjien?” op bladsy 7 van Ons Koninkryksbediening vir Desember 2005 kortliks hersien word.
18 min: Gepaste persoonlike voorkoms. Gehoorbespreking wat gebaseer is op die Bedieningskool-boek, bladsye 131-3. Bespreek die vyf beginsels wat genoem word en wat met ons kleredrag en persoonsversorging verband hou. Meld dat ons hierdie inligting taktvol kan gebruik om Bybelstudente te help verstaan hoe hulle gepas kan aantrek vir gemeentelike vergaderinge.
Lied 215 en slotgebed.
Week wat begin met 29 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee.
10 min: Bied die Leer Bybel-boek in Junie aan. Gebruik die wenke op bladsye 4-5 van Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is om te demonstreer hoe Wat leer die Bybel werklik? aangebied kan word. Nooi die gehoor na gelang van die tyd om kommentaar te lewer oor die goeie resultate wat behaal is toe hulle die boek in die veld of met hulle eie gesin gebruik het.
25 min: “’n Voorbeeld vir mense van alle ouderdomme.” Begin ná ’n inleiding van korter as ’n minuut met ’n gehoorbespreking van die Noah-video deur al die vrae in die tweede paragraaf te gebruik. Vra gesinne dan om te vertel hoe hulle daarby baat gevind het om aan die voorgestelde “Learning Activities” op die DVD-weergawe deel te neem. Bespreek daarna die vraag en die tekste in die derde paragraaf.
Lied 9 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Hoe om herbesoeke met welslae te doen. Gehoorbespreking wat gebaseer is op die venster op bladsy 16 van Die Wagtoring van 15 November 2003. Bespreek al sewe wenke, en nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe dit plaaslik toegepas kan word. Spoor verkondigers aan om herbesoeke te doen met die doel om Bybelstudies te begin met almal wat lektuur neem of belangstelling toon. Gebruik een van die wenke op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006 om te demonstreer hoe ’n Bybelstudie tydens ’n herbesoek aangebied kan word.
Lied 57 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.