Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 10 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van April aangebied kan word. In een demonstrasie moet die verkondiger ook die Leer Bybel-boek aanbied vir ’n huisbewoner wat uitsonderlike belangstelling in die Bybel se boodskap toon.
15 min: “Die Leer Bybel-boek—ons primêre Bybelstudiehulp.”a Wek geesdrif om Bybelstudies in die nuwe boek te begin. Vra die gehoor om kommentaar te lewer oor hulle indrukke van die nuwe boek en om enige interessante ondervindinge te vertel wat hulle al daarmee gehad het.
20 min: “Kan jy jou rooster aanpas?”b Pas die inligting plaaslik toe. Meld enige reëlings wat die gemeente vir aandgetuieniswerk het.
Lied 13 en slotgebed.
Week wat begin met 17 April
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Vestig die aandag op plaaslike reëlings vir die spesiale openbare toespraak. Spoor almal aan om nog steeds die agterblad van Die Wagtoring van 1 April te gebruik om Gedenkmaalbywoners, Bybelstudente en ander belangstellendes te nooi. Vertel kortliks twee of drie ondervindinge van hoe hierdie nommer van Die Wagtoring al gebruik is om mense na die spesiale openbare toespraak te nooi.
30 min: “Hou progressiewe Bybelstudies by die deur en oor die telefoon.”c Sluit ’n demonstrasie in om te toon wat ’n verkondiger kan sê om ’n studie wat by die deur gehou word, te verander in ’n studie wat in die huis gehou word.
Lied 162 en slotgebed.
Week wat begin met 24 April
15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gedurende Mei sal ons nog steeds Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van Mei aangebied kan word. Vestig ná die demonstrasies die aandag op ander artikels in hierdie nommers waarin mense in julle gebied moontlik sal belangstel.
15 min: “Hoe om ons ywer te behou.”d Lewer kommentaar oor Die Wagtoring van 15 Junie 2002, bladsy 14, paragraaf 13.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 191 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Bespreek die venster “Vra jy verwysings?” op bladsy 7.
15 min: “Toon persoonlike belangstelling—deur goeie oogkontak.”e Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n verkondiger wat met iemand in ’n openbare plek oogkontak maak, ’n gesprek begin en dan ’n getuienis gee.
20 min: Peins oor Jehovah se dade (Ps. 77:12). Toespraak en gehoorbespreking oor die 2006 Yearbook. Vestig die aandag op aanmoedigende gedagtes in die brief van die Bestuursliggaam (bl. 3-5). Bespreek die materiaal onder die onderhofie “Bible Translation” (bl. 10-11). Meld party van die ander glanspunte en ondervindinge van die afgelope jaar (bl. 6-64). Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor gedagtes wat hulle waardeer het toe hulle die 2006 Yearbook gelees het. Spoor almal aan om dit te gebruik om Bybelstudente te help om waardering vir Jehovah se organisasie op te bou.
Lied 82 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.