Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/06 bl. 1
  • Hoe om ons ywer te behou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om ons ywer te behou
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • “Gloei van die gees”
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Handhaaf ons ywer in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Verkondig die goeie nuus met gretigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Hoe om God se wet ‘binne-in ons ingewande’ te kry
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 4/06 bl. 1

Hoe om ons ywer te behou

1 Die geesdrif waarmee Apollos sy bediening uitgevoer het, laat ons moontlik dink aan mede-Christene van vandag wat besonder ywerig in die predikingswerk is (Hand. 18:24-28). Maar ons almal word vermaan: “Moenie traag wees in julle bedrywighede nie. Gloei van die gees” (Rom. 12:11). Wat kan ons help om ywer vir die Christelike bediening te verkry en te behou?

2 Groter ywer deur kennis: Nadat Jesus aan twee van sy dissipels verskyn het en “vir hulle dinge in die hele Skrif uitgelê [het] wat op hom betrekking het”, het hulle gesê: “Het ons hart nie gebrand toe hy op die pad met ons gepraat het . . . nie?” (Luk. 24:27, 32). Brand ons hart nie ook van opwinding wanneer ons ’n beter begrip van God se Woord verkry nie? Ja, kennis versterk ons geloof. Romeine 10:17 verduidelik: “Geloof volg . . . op wat gehoor word.” Wanneer ons hart met vertroue in Jehovah se beloftes vervul is, kan ons eenvoudig nie ophou praat oor die dinge wat ons geleer het nie!—Ps. 145:7; Hand. 4:20.

3 Ons kan nie net staatmaak op die kennis wat ons deur vorige studie ingeneem het om ons liefde vir God sterk te hou en ons ywer vir sy diens helder te laat brand nie. Ons moet aanhou om ons begrip van die waarheid te verbreed en ons liefde vir Jehovah te verinnig. Anders kan ons diens aan hom geleidelik meganies word (Op. 2:4). Die aansporing in God se Woord is dat ons moet “voortgaan om . . . toe te neem in die juiste kennis van God”.—Kol. 1:9, 10.

4 Ons studiegewoontes: Dit sal dus goed wees om ons studiegewoontes te ondersoek. Byvoorbeeld, ons kan dalk die antwoorde in ’n Wagtoring-studieartikel onderstreep en die regte antwoorde gee. Maar slaan ons die teksverwysings na en dink ons na oor hoe ons die inligting in ons lewe kan toepas? Span ons ons in om bykomende navorsing oor die weeklikse Bybelleesgedeelte te doen as ons omstandighede dit toelaat en om oor die lesse daarin te peins? (Ps. 77:11, 12; Spr. 2:1-5). Hoe voordelig is dit tog om oor God se Woord na te dink en daarin verdiep te wees! (1 Tim. 4:15, 16). Sulke betekenisvolle studie sal ons hart voed en ons aanspoor om “ywerig vir goeie werke” te wees.—Tit. 2:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel