Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/06 bl. 4-5
  • Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Armageddon
  • Behuising
  • Bybel
  • Dood/opstanding
  • Ewige lewe
  • Gebed
  • Gesin
  • Godsdiens
  • Jehovah God
  • Jesus Christus
  • Oorlog/vrede
  • Tragedie/lyding
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • (1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstuk
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Kweek die belangstelling wat jy gevind het
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 3/06 bl. 4-5

Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied

Hierdie byvoegsel bevat ’n verskeidenheid voorstelle om die Leer Bybel-boek aan te bied. Om dit werklik doeltreffend te gebruik, moet jy dit in jou eie woorde stel, jou benadering aanpas by die mense in jou gebied en vertroud raak met gesprekspunte in die boek. Ander aanbiedings wat prakties vir jou gebied is, kan ook gebruik word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8.

Armageddon

◼ “Wanneer mense die woord ‘Armageddon’ hoor, dink baie aan grootskaalse vernietiging. Sou dit jou verbaas om uit te vind dat Armageddon eintlik iets is om na uit te sien? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 16:14, 16.] Kyk na hierdie kommentaar oor hoe die lewe ná Armageddon sal wees.” Blaai na bladsye 82-4 en lees paragraaf 21.

Behuising

◼ “Op baie plekke het dit moeiliker geword om ’n ordentlike, bekostigbare blyplek te kry. Dink jy dat daar eendag behoorlike behuising vir almal sal wees? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 65:21, 22 en paragraaf 20 op bladsy 34.] Hierdie publikasie verduidelik hoe hierdie belofte van God vervul sal word.”

Bybel

◼ “Mense praat dikwels van die Bybel as God se Woord. Het jy al ooit gewonder hoe ’n boek wat deur mense op skrif gestel is, tereg die Woord van God genoem kan word? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Petrus 1:21 en paragraaf 5 op bladsye 19-20.] Hierdie publikasie verskaf die Bybel se antwoorde op hierdie vrae.” Wys vir die persoon die vrae op bladsy 6.

◼ “Deesdae het mense toegang tot meer inligting as ooit tevore. Maar waar dink jy kan ons betroubare raad vind wat ons kan help om gelukkige, suksesvolle lewens te lei? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Timoteus 3:16, 17 en paragraaf 12 op bladsy 23.] Hierdie publikasie verduidelik hoe ons kan lewe op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra en ons tot voordeel strek.” Wys vir die persoon die tabel en die prent op bladsye 122-3.

Dood/opstanding

◼ “Baie mense wonder wat werklik by die dood gebeur. Dink jy dat dit vir ons moontlik is om te weet? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Prediker 9:5 en paragrawe 5-6 op bladsye 58-9.] Hierdie boek verduidelik ook wat die Bybel se belofte van ’n opstanding sal beteken vir dié wat gesterf het.” Wys vir die persoon die prent op bladsy 75.

◼ “Wanneer ’n geliefde sterf, is dit net natuurlik dat ’n mens die persoon weer wil sien. Dink jy nie ook so nie? [Wag vir ’n antwoord.] Baie het vertroosting gevind in die Bybel se belofte van ’n opstanding. [Lees Johannes 5:28, 29 en paragrawe 16-17 op bladsy 72.] Hierdie hoofstuk beantwoord ook hierdie vrae.” Wys vir die persoon die inleidende vrae op bladsy 66.

Ewige lewe

◼ “Die meeste mense wil graag goeie gesondheid hê en ’n lang lewe geniet. Maar sou jy vir ewig wou lewe as jy kon? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 21:3, 4 en paragraaf 17 op bladsy 54.] Hierdie boek bespreek hoe ons die ewige kan lewe verkry en hoe die lewe sal wees wanneer daardie belofte ’n werklikheid word.”

Gebed

◼ “Het jy al ooit gewonder hoe God gebede verhoor? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Johannes 5:14, 15 en paragrawe 16-18 op bladsye 170-2.] Hierdie hoofstuk verduidelik ook waarom ons tot God moet bid en wat ons moet doen om deur hom verhoor te word.”

Gesin

◼ “Almal van ons wil graag ’n gelukkige gesinslewe geniet, nie waar nie? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel praat van iets wat almal in die gesin kan doen om tot gesinsgeluk by te dra, naamlik om God na te volg in die betoning van liefde.” Lees Efesiërs 5:1, 2 en paragraaf 4 op bladsy 135.

Godsdiens

◼ “Baie mense begin nou om die wêreld se godsdienste as ’n oorsaak van die mensdom se probleme te beskou, eerder as ’n oplossing daarvoor. Dink jy dat godsdiens mense in die regte rigting lei? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 7:13, 14 en paragraaf 5 op bladsye 145-6.] Hierdie hoofstuk bespreek ses kenmerke van die soort aanbidding wat God se goedkeuring wegdra.” Wys vir die persoon die lys op bladsy 147.

Jehovah God

◼ “Baie mense wat in God glo, wil graag nader aan hom voel. Het jy geweet dat die Bybel ons nooi om nader aan hom te kom? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jakobus 4:8a en paragraaf 20 op bladsy 16.] Hierdie publikasie is voorberei om mense te help om met behulp van hulle eie Bybel meer van God te leer.” Wys vir die persoon die inleidende vrae op bladsy 8.

◼ “Baie mense bid vir God se naam om geheilig te word. Het jy al ooit gewonder wat daardie naam is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 83:18 en paragrawe 2-3 op bladsy 195.] Hierdie boek verduidelik wat die Bybel werklik leer omtrent Jehovah God en sy voorneme vir die mensdom.”

Jesus Christus

◼ “Mense in alle wêrelddele het al van Jesus Christus gehoor. Party sê dat hy maar net ’n uitsonderlike man was. Ander aanbid hom as God die Almagtige. Dink jy dit maak saak wat ons omtrent Jesus Christus glo?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan Johannes 17:3 en paragraaf 3 op bladsye 37-8. Vestig die aandag op die inleidende vrae onder die hoofstuktitel.

Oorlog/vrede

◼ “Mense in alle wêrelddele smag na vrede. Dink jy dat die hoop op wêreldvrede net ’n droom is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 46:8, 9.] Hierdie publikasie verduidelik hoe God sy voorneme sal vervul en wêreldvrede sal teweegbring.” Wys vir die persoon die prent op bladsy 35, en bespreek paragrawe 17-21 op bladsye 34-6.

Tragedie/lyding

◼ “Wanneer ’n tragedie plaasvind, twyfel baie of God werklik vir mense omgee en hulle lyding raaksien. Het jy al ooit daaroor gewonder? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Petrus 5:7 en paragraaf 11 op bladsye 11-12.] Hierdie publikasie verduidelik hoe God die mensdom se lyding heeltemal sal uitwis.” Wys die inleidende vrae op bladsy 106.

[Venster op bladsy 5]

Maniere waarop ons die bydraereëling kan meld

“As jy vandag ’n klein bydrae vir ons wêreldwye werk wil gee, sal ek dit met graagte aanvaar.”

“Hoewel ons lektuur kosteloos aangebied word, aanvaar ons wel beskeie bydraes vir ons wêreldwye werk.”

“Jy wonder dalk hoe ons dit kan bekostig om hierdie werk te doen. Dit is omdat ons wêreldwye werk deur vrywillige bydraes ondersteun word. As jy vandag ’n klein bydrae wil gee, sal ek dit met graagte aanvaar.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel