Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/06 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 9 Januarie
  • Week wat begin met 16 Januarie
  • Week wat begin met 23 Januarie
  • Week wat begin met 30 Januarie
  • Week wat begin met 6 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2006
km 1/06 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 9 Januarie

Lied 10

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Januarie en die Ontwaak! vir Januarie aangebied kan word. In een van die demonstrasies moet ’n verkondiger in sakegebied werk.

15 min: Vermy die gevare van die Internet. ’n Toespraak deur ’n ouer man, gebaseer op die Ontwaak! van 8 Desember 2004, bladsye 18-21.

20 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur vrae te vra en te luister.”a Vra die gehoor, wanneer paragraaf 2 bespreek word, watter vrae hulle gevind het doeltreffend is om gesprekke te begin. Demonstreer hoe ’n mens kan uitvind wat iemand dink deur taktvolle vrae te vra en aandagtig te luister.

Lied 125 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Januarie

Lied 178

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om na die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights te kyk ter voorbereiding vir die bespreking wat oor twee weke tydens die Diensvergadering gehou sal word. In plattelandse gebiede moet die ouer manne probeer om gesinne wat nie toegang tot videotoerusting het nie, na hierdie video te laat kyk. Dit kan gedoen word deur te reël om die video in die Koninkryksaal te wys op ’n aand wanneer daar nie ’n vergadering is nie of deur ná die boekstudie daarna te kyk.

15 min: Georganiseer om Jehovah se wil te doen. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op bladsye 4-7 van die boek Georganiseer om Jehovah se wil te doen. Ná ’n inleiding wat korter as drie minute is en op bladsy 4 gebaseer is, moet ’n gehoorbespreking van bladsy 5 tot die onderhofie op bladsy 7 gehou word. Ander dele van die Georganiseer-boek sal tydens toekomstige Diensvergaderinge bespreek word.

20 min: “Jehovah het ’n blymoedige gewer lief.”b Gebruik die vrae wat voorsien word, om paragrawe 1-7 van die byvoegsel te bespreek. Lees gepaste tekste. Spoor almal aan om goed voor te berei vir die tweede deel van die byvoegsel wat volgende week bespreek sal word.

Lied 107 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Januarie

Lied 60

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! vir Februarie aangebied kan word. Reël dat ’n jongmens een van die aanbiedings doen.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Jehovah het ’n blymoedige gewer lief.”c Bespreek paragrawe 8-14 van die byvoegsel met behulp van die vrae wat voorsien word. Pas die inligting plaaslik toe. Vertel die broers hoe die gemeente vaar wanneer dit kom by bydraes wat vir die wêreldwye werk gestuur word. Meld ander uitgawes wat die gemeente moet dek en hoe die broers die uitdaging met welslae die hoof bied.

Lied 205 en slotgebed.

Week wat begin met 30 Januarie

Lied 197

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Februarie, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.

15 min: Liefdevolle voorsienings wat ons tot voordeel strek. Moet deur ’n ouer man behartig word. Lees en bespreek die brief van 3 Januarie 2006 van die takkantoor aan al die gemeentes oor hoe ons by die bedrywighede van die Hospitaalskakelkomitee (HSK) en die Pasiëntbesoekgroep (PBG) kan baat vind.

20 min: “’n Video wat die aandag vestig op ’n belangrike tendens in die geneeskunde.” Lees Handelinge 15:28, 29 en vestig die aandag kortliks op die feit dat die hoofrede waarom Christene bloedoortappings weier, is om God se wet oor die heiligheid van bloed te gehoorsaam. Begin dan dadelik om die Patient Needs and Rights-video te bespreek met behulp van die vrae wat in die artikel voorsien word. Sluit af deur die laaste paragraaf te lees.

Lied 45 en slotgebed.

Week wat begin met 6 Februarie

Lied 74

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Jongmense wat as ligte skyn.”d Nooi jongmense om kommentaar te lewer oor hoe dit vir hulle moontlik was om by die skool te getuig. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.

15 min: Hulppionierdiens bring seëninge mee (Spr. 10:22). Nooi diegene wat verlede jaar as hulppioniers gedien het, om te vertel hoe hulle gereël het om dit te doen en watter vreugdes en seëninge hulle gevolglik gehad het. Spoor almal aan om biddend te oorweeg of hulle gedurende Maart, April en Mei as hulppioniers kan dien.

Lied 16 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel