Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/05 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 11/05 bl. 3

Aankondigings

◼ November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige boek wat voor 1991 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die Hou aan waak!-brosjure aanbied.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat vir registrasie as Openbare Weldaadsorganisasies (OWO’s) aansoek gedoen het, moet asseblief hulle gemeente se rekeninge vir September, Oktober en November na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.

◼ Presiderende opsiener: Onthou asseblief om die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91) in te vul en saam met die gebiedskaart na die takkantoor terug te stuur. Dit moet voor 15 November 2005 gedoen word. Sluit ook interessante ondervindinge in. Die regte posgeld moet vir die groot koevert betaal word.

◼ Die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights sal in Januarie by ’n Diensvergadering bespreek word. Indien nodig, moet die videokasset so gou moontlik deur die gemeente aangevra word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel