Aankondigings
Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Luister na die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.
◼ Aangesien Oktober vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Een van die byvoegsels in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening is die “Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2006”, en dit moet gehou word vir gebruik gedurende 2006.
◼ Gemeentes moet saam met hulle volgende lektuuraanvraag die Gedenkmaaluitnodigings vir 2006 begin aanvra. Hierdie uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Vra die uitnodigings asseblief oordeelkundig aan, aangesien dit slegs vir belangstellendes bedoel is, nie vir algemene verspreiding nie.
◼ Mense skakel van tyd tot tyd die takkantoor en vra of hulle bydraes tot ’n spesifieke rampfonds kan maak, soos die onlangse tsoenami in Suidoos-Asië. Alle toekomstige bydraes vir noodleniging of enigiets anders moet vir die wêreldwye werk gemaak word, hetsy deur die plaaslike gemeente of regstreeks aan die takkantoor. Uitgawes vir noodlenigingswerk word betaal uit bydraes vir die wêreldwye werk.
◼ Skryf asseblief die gemeente se naam, nommer en depotnommer of posadres op alle korrespondensie wat na die takkantoor gestuur word. Dit sal grootliks help om die korrespondensie so gou moontlik by die regte afdeling te kry. Mense wat skryf, moet ook hulle naam en afsendersadres duidelik voor op die koevert in die boonste linkerhoek aandui.