Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 31 Oktober 2005. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 September tot 31 Oktober 2005. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe kan ons seker maak dat ons onderrigting uit God se Woord mense se hart bereik? (Matt. 13:19). [be-AF bl. 258 par. 1-2, venster]
2. Wat kan ons help om uit te vind wat in iemand se hart is, maar wat moet ons in gedagte hou? [be-AF bl. 259 par. 2-3]
3. Waarom is dit belangrik dat ons die aandag op Jehovah se wonderlike eienskappe vestig wanneer ons ander leer? [be-AF bl. 260 par. 1]
4. Hoe kan ons ons Bybelstudente help om te onderskei op watter gebiede hulle moet verbeter? [be-AF bl. 260 par. 4–bl. 261 par. 1]
5. Hoe kan ons ons Bybelstudente of dié wat na ons luister, help om die beweegredes vir hulle dade te ontleed? [be-AF bl. 262 par. 2-3]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat beteken dit om Jehovah “ernstig [te] soek”, en hoe kan ons toon dat ons dit doen? (Heb. 11:6). [w03-AF 8/15 bl. 25 par. 2; bl. 26 par. 1-2; bl. 27 par. 2]
7. Wat is “die patroon van gesonde woorde”, en hoe kan ouer manne toon dat hulle daaraan vashou? (2 Tim. 1:13, 14). [w03-AF 1/1 bl. 29 par. 3–bl. 30 par. 1]
8. Wat beteken die woord “Bybelkanon”, en wat is ’n paar faktore wat die kanonisiteit van ’n Bybelboek bepaal? [si-AF bl. 299 par. 5-6]
9. Waarom is die Canon Muratori, wat uit die tweede helfte van die tweede eeu G.J. dateer, van besondere belang om die kanonisiteit van die Christelike Griekse Geskrifte te bevestig? [si-AF bl. 302 par. 19]
10. Watter magtiging vir Bybelvertaling gee die Skrif self, en watter doel het ou Bybelvertalings gedien? [si-AF bl. 307 par. 9]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Ondersteun 2 Konings 13:21 die opvatting dat relieke vereer moet word?
12. Het Hiskia ’n bondgenootskap met Egipte aangegaan? (2 Kon. 18:19-21, 25).
13. Wat sê die Assiriese annale wat vir jou interessant is, hoewel dit nie Jehovah se skitterende oorwinning oor Sanherib uitdruklik meld nie? (2 Kon. 19:35, 36).
14. Wie was die vader van Sealtiël? (1 Kron. 3:16-18).
15. Hoe het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse in die dae van koning Saul ’n goeie voorbeeld vir al God se hedendaagse knegte gestel? (1 Kron. 5:18-22).