Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/05 bl. 5-8
  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2006

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2006
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Instruksies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—2005
km 10/05 bl. 5-8

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2006

Instruksies

Gedurende 2006 sal die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.

BRONNEMATERIAAL: Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif [bi12-AF], Die Wagtoring [w-AF], Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool [be-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” [si-AF] en Redenering uit die Skrif (1989-uitgawe) [rs-AF].

Die skool moet OP TYD begin met ’n lied, gebed en verwelkoming en moet dan verloop soos hieronder uiteengesit word. Ná elke deel moet die skoolopsiener die volgende deel inlei.

SPRAAKHOEDANIGHEID: 5 minute. Die skoolopsiener, die bykomende raadgewer of ’n ander bekwame ouer man sal ’n spraakhoedanigheid uit die Bedieningskool-handboek bespreek. (In gemeentes met te min ouer manne kan bekwame bedieningsknegte gebruik word.)

TOESPRAAK NR. 1: 10 minute. Dit moet deur ’n bekwame ouer man of bedieningskneg behartig word, en dit sal gebaseer wees op Die Wagtoring, Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”. Dit moet aangebied word as ’n instruksietoespraak van tien minute sonder ’n mondelinge hersiening. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Daar word verwag dat die broers wat hierdie toespraak hou, streng by die tydreëling bly. Private raad kan gegee word indien dit nodig is.

GLANSPUNTE UIT DIE BYBELLEESGEDEELTE: 10 minute. ’n Bekwame ouer man of bedieningskneg moet die eerste vyf minute gebruik om die materiaal op plaaslike behoeftes toe te pas. Hy kan op enige deel van die toegewese Bybelleesgedeelte vir die week kommentaar lewer. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Die hoofdoel is om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting nuttig is. Die spreker moet daarop let dat hy nie meer as die toegewese vyf minute vir die eerste gedeelte moet gebruik nie. Hy moet seker maak dat vyf minute vir gehoordeelname opsygesit word. Die gehoor moet genooi word om kort kommentare (30 sekondes of minder) te lewer oor wat hulle in die Bybelleesgedeelte interessant en nuttig gevind het. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle toegewese klasse te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 4 minute of minder. Dit is ’n voorlesing wat deur ’n broer behartig moet word. Die student moet die toegewese materiaal lees sonder enige inleidende of slotopmerkings. Wanneer hy ’n toewysing uit die Psalms behartig, moet hy die opskrif lees. Die skoolopsiener sal veral daarin belangstel om studente te help om met begrip, vlotheid, regte beklemtoning, modulasie, gepaste pousering en natuurlikheid te lees.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Dit sal aan ’n suster toegewys word. Studente wat hierdie toewysing ontvang, sal ’n agtergrond gegee word of kan een uit die lys op bladsy 82 van die Bedieningskool-handboek kies. Die student moet die gegewe tema gebruik en dit toepas op ’n aspek van velddiens wat in die plaaslike gemeente se gebied realisties en prakties is. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing in ons publikasies te doen. Nuwer studente moet toesprake gegee word waarvoor die bronnemateriaal aangegee is. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die materiaal ontwikkel en die huisbewoner help om oor die Skrif te redeneer en die sleutelgedagtes van die aanbieding te verstaan. Die skoolopsiener sal een assistent toewys.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Die student moet die gegewe tema ontwikkel. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing in ons publikasies te doen. As ’n broer hierdie deel behartig, moet hy dit as ’n toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte aanbied. Wanneer ’n suster hierdie deel behartig, moet dit altyd aangebied word soos onder Toespraak nr. 3 uiteengesit is. Die skoolopsiener kan Toespraak nr. 4 aan ’n broer toewys wanneer hy dit ook al raadsaam vind. Let asseblief daarop dat temas wat met ’n sterretjie gemerk is, altyd aan broers toegewys moet word wat dit as ’n toespraak moet hou.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se opmerkings nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. As broers wat die eerste toespraak oor ’n spraakhoedanigheid, Toespraak nr. 1 of die glanspunte uit die Bybelleesgedeelte behartig, die tydgrens oorskry, moet hulle private raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die hele program, sonder lied en gebed, duur 45 minute.

RAAD: 1 minuut. Ná Toesprake nr. 2, 3 en 4 sal die skoolopsiener hoogstens een minuut gebruik om positiewe kommentaar oor ’n aspek van die toespraak te lewer. Sy doel is nie net om “wel gedaan” te sê nie, maar eerder om die aandag te vestig op spesifieke redes waarom daardie aspek van die aanbieding doeltreffend was. Na gelang van die behoefte van elke student kan bykomende opbouende raad ná die vergadering of by ’n ander geleentheid aan die student persoonlik gegee word.

BYKOMENDE RAADGEWER: Die liggaam van ouer manne kan ’n bekwame ouer man kies, as daar buiten die skoolopsiener een beskikbaar is, om ’n bykomende raadgewer te wees. As daar baie ouer manne in die gemeente is, kan ’n ander bekwame ouer man elke jaar na hierdie toewysing omsien. Die bykomende raadgewer se verantwoordelikheid sal wees om, indien nodig, private raad te gee aan broers wat Toespraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig. Hy hoef nie raad te gee ná elkeen van hierdie toesprake wat deur mede- ouer manne of bedieningsknegte gehou word nie.

RAADGEWINGSVORM: In handboek.

MONDELINGE HERSIENING: 30 minute. Elke twee maande sal die skoolopsiener ’n mondelinge hersiening hou. Dit sal voorafgegaan word deur die bespreking van ’n spraakhoedanigheid en glanspunte uit die Bybelleesgedeelte soos hierbo uiteengesit word. Die mondelinge hersiening sal gebaseer wees op materiaal wat gedurende die vorige twee maande, insluitende die huidige week, in die skool bespreek is. As julle gemeente gedurende die week van die mondelinge hersiening ’n kringbyeenkoms het, moet die hersiening (en die res van die week se rooster) tot die volgende week uitgestel word en die volgende week se rooster tydens die kringbyeenkoms gedek word. As die kringopsiener julle gemeente gedurende die week van die mondelinge hersiening gaan besoek, moet die lied, die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte aangebied word soos dit op die rooster verskyn. Die instruksietoespraak (wat op die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid volg) op die volgende week se rooster moet gehou word. In die Teokratiese Bedieningskool vir die volgende week sal die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte gehou word soos dit op die rooster verskyn, gevolg deur die mondelinge hersiening.

ROOSTER

2 Jan. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 29-32 Lied 91

Spraakhoedanigheid: Vind ten volle baat by die Teokratiese Bedieningskool (be-AF bl. 5 ¶1–bl. 8 ¶1)

Nr. 1: Skep behae in God se Woord (be-AF bl. 9 ¶1-5)

Nr. 2: 2 Kronieke 30:1-12

Nr. 3: Waarom ware Christene nie vloektaal gebruik nie

Nr. 4: Hoe sonde ons verhouding met God raak (rs-AF bl. 386 ¶3–bl. 387 ¶3)

9 Jan. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 33-36 Lied 144

Spraakhoedanigheid: Akkurate voorlesing (be-AF bl. 83 ¶1–bl. 84 par. 1)

Nr. 1: 2 Kronieke—Waarom nuttig (si-AF bl. 84 ¶34-6)

Nr. 2: 2 Kronieke 34:1-11

Nr. 3: Wat die Bybel oor die siel sê (rs-AF bl. 374 ¶1–bl. 375 ¶3)

Nr. 4: Moet jou nooit skaam omdat jy by die Bybel se sedelike standaarde bly nie

16 Jan. Bybelleesgedeelte: Esra 1-5 Lied 137

Spraakhoedanigheid: Hoe om akkuraat te lees (be-AF bl. 84 ¶2–bl. 85 ¶3)

Nr. 1: Inleiding tot Esra (si-AF bl. 85-6 ¶1-7)

Nr. 2: Esra 1:1-11

Nr. 3: Voordele van ’n eerlike gewete

Nr. 4: Diere is siele (rs-AF bl. 375 ¶4–bl. 376 ¶3)

23 Jan. Bybelleesgedeelte: Esra 6-10 Lied 106

Spraakhoedanigheid: Woorde duidelik uitgespreek (be-AF bl. 86 ¶1-6)

Nr. 1: Esra—Waarom nuttig (si-AF bl. 87 ¶14-18)

Nr. 2: Esra 6:1-12

Nr. 3: Nie die siel of die gees hou ná die dood aan lewe nie (rs-AF bl. 376 ¶4–bl. 378 ¶5)

Nr. 4: aGod se beskouing van die huwelik

30 Jan. Bybelleesgedeelte: Nehemia 1-4 Lied 161

Spraakhoedanigheid: Hoe om duidelik te praat (be-AF bl. 87 ¶1–bl. 88 ¶3)

Nr. 1: Inleiding tot Nehemia (si-AF bl. 88 ¶1-5)

Nr. 2: Nehemia 2:1-10

Nr. 3: Die belangrikste soort veiligheid

Nr. 4: Wat die heilige gees is (rs-AF bl. 144 ¶1–bl. 145 ¶1)

6 Feb. Bybelleesgedeelte: Nehemia 5-8 Lied 40

Spraakhoedanigheid: Regte uitspraak—Faktore om in gedagte te hou (be-AF bl. 89 ¶1–bl. 90 ¶3)

Nr. 1: Lees die Bybel elke dag (be-AF bl. 10 ¶1–bl. 12 ¶4)

Nr. 2: Nehemia 5:1-13

Nr. 3: Bewyse dat ’n persoon die heilige gees het (rs-AF bl. 145 ¶3–bl. 146 ¶2)

Nr. 4: “Bewaak jou hart” (Spr. 4:23)

13 Feb. Bybelleesgedeelte: Nehemia 9-11 Lied 159

Spraakhoedanigheid: Maniere om uitspraak te verbeter (be-AF bl. 90 ¶4–bl. 92)

Nr. 1: Leer vrede in plaas van oorlog (w04-AF 1/1 bl. 6 ¶8–bl. 7 ¶5)

Nr. 2: Nehemia 10:28-37

Nr. 3: Bewyse dat Jehovah ons liefhet

Nr. 4: Daar is nie ’n geesdeel van die mens wat ná die dood voortleef nie (rs-AF bl. 146 ¶6–bl. 147 ¶3)

20 Feb. Bybelleesgedeelte: Nehemia 12-13 Lied 118

Spraakhoedanigheid: Vlot voordrag (be-AF bl. 93 ¶1–bl. 94 ¶3)

Nr. 1: Nehemia—Waarom nuttig (si-AF bl. 90-1 ¶16-19)

Nr. 2: Nehemia 13:1-14

Nr. 3: Waarom dit onmoontlik is om met die dooies te kommunikeer (rs-AF bl. 387 ¶5–bl. 388 ¶4)

Nr. 4: bGewelddadige videospeletjies is nie vir Christene nie

27 Feb. Bybelleesgedeelte: Ester 1-5 Lied 215

Spraakhoedanigheid: Hoe om vlotheid te verbeter (be-AF bl. 94 ¶4–bl. 96 ¶3, behalwe venster op bl. 95)

Mondelinge hersiening

6 Mrt. Bybelleesgedeelte: Ester 6-10 Lied 74

Spraakhoedanigheid: Wat jy kan doen as jy hakkel (be-AF bl. 95, venster)

Nr. 1: Inleiding tot Ester en waarom nuttig (si-AF bl. 91-4 ¶1-6, 16-18)

Nr. 2: Ester 6:1-10

Nr. 3: ’n Sagte antwoord kan woede afkeer

Nr. 4: Waarom ware Christene alle spiritistiese gebruike verwerp (rs-AF bl. 388 ¶5–bl. 390 ¶4)

13 Mrt. Bybelleesgedeelte: Job 1-5 Lied 160

Spraakhoedanigheid: Pousering by leestekens en by ’n gedagtewending (be-AF bl. 97 ¶1–bl. 98 ¶5)

Nr. 1: Inleiding tot Job (si-AF bl. 95-6 ¶1-6)

Nr. 2: Job 2:1-13

Nr. 3: Moenie belangstelling in demoonmagte toon nie (rs-AF bl. 390 ¶5–bl. 391 ¶3)

Nr. 4: Waarom ware Christene murmurering vermy

20 Mrt. Bybelleesgedeelte: Job 6-10 Lied 214

Spraakhoedanigheid: Pousering vir beklemtoning, pousering om te luister (be-AF bl. 99 ¶1–bl. 100 ¶4)

Nr. 1: Die voortreflikheid van geestelike waardes (w04-AF 10/15 bl. 4 ¶2–bl. 5 ¶4)

Nr. 2: Job 7:1-21

Nr. 3: Wat dit beteken om suiwer van hart te wees

Nr. 4: Hoe om van spiritistiese invloed los te breek (rs-AF bl. 392 ¶1-5)

27 Mrt. Bybelleesgedeelte: Job 11-15 Lied 8

Spraakhoedanigheid: Regte beklemtoning (be-AF bl. 101 ¶1–bl. 102 ¶3)

Nr. 1: ‘Skenk aandag aan hoe jy luister’ (be-AF bl. 13 ¶1–bl. 14 ¶4)

Nr. 2: Job 12:1-25

Nr. 3: Waak teen die gees van onafhanklikheid (rs-AF bl. 148 ¶3–bl. 149 ¶2)

Nr. 4: Waarom die bediening ons vreugde verskaf

3 Apr. Bybelleesgedeelte: Job 16-20 Lied 50

Spraakhoedanigheid: Hoe om beklemtoning te verbeter (be-AF bl. 102 ¶4–bl. 104 ¶3)

Nr. 1: Hoe ons ons liefde vir God toon (w04-AF 3/1 bl. 19-21)

Nr. 2: Job 16:1-22

Nr. 3: Hoe Jehovah mense trek om hom te aanbid

Nr. 4: cDie gevaar wat hoogmoed en ’n opstandige gesindheid inhou (rs-AF bl. 149 ¶3–bl. 150 ¶1)

10 Apr. Bybelleesgedeelte: Job 21-27 Lied 119

Spraakhoedanigheid: Hoofgedagtes beklemtoon (be-AF bl. 105 ¶1–bl. 106 ¶1)

Nr. 1: Geestelike waardes bring seëninge mee (w04-AF 10/15 bl. 5 ¶5–bl. 7 ¶3)

Nr. 2: Job 24:1-20

Nr. 3: Jehovah gee krag wat bo die normale is

Nr. 4: dWaak teen die begeertes van die vlees (rs-AF bl. 150 ¶2)

17 Apr. Bybelleesgedeelte: Job 28-32 Lied 100

Spraakhoedanigheid: Stemsterkte gepas vir die gehoor (be-AF bl. 107 ¶1–bl. 108 ¶5)

Nr. 1: Hoe om by vergaderinge en byeenkomste te luister (be-AF bl. 15 ¶1–bl. 16 ¶5)

Nr. 2: Job 29:1-25

Nr. 3: Moenie deur die begeerte van die oë oorheers word nie (rs-AF bl. 150 ¶3–bl. 151 ¶1)

Nr. 4: Waarom die skares verstom was oor die manier waarop Jesus geleer het

24 Apr. Bybelleesgedeelte: Job 33-37 Lied 94

Spraakhoedanigheid: Hoe om jou stemsterkte te verbeter (be-AF bl. 108 ¶6–bl. 110 ¶2)

Mondelinge hersiening

1 Mei Bybelleesgedeelte: Job 38-42 Lied 154

Spraakhoedanigheid: Modulasie—Pas jou stemsterkte aan (be-AF bl. 111 ¶1–bl. 112 ¶2)

Nr. 1: Job—Waarom nuttig (si-AF bl. 100 ¶39-43)

Nr. 2: Job 38:1-24

Nr. 3: Hoe word Jesaja 60:22 vandag vervul?

Nr. 4: eSkeltaal en geweld is werke van die vlees (rs-AF bl. 151 ¶2)

8 Mei Bybelleesgedeelte: Psalms 1-10 Lied 168

Spraakhoedanigheid: Modulasie—Verander jou tempo (be-AF bl. 112 ¶3-6)

Nr. 1: Inleiding tot Psalms—Deel 1 (si-AF bl. 101 ¶1-5)

Nr. 2: Psalm 4:1–5:12

Nr. 3: Vertrou op God, nie op mense nie (rs-AF bl. 151 ¶3-4)

Nr. 4: Hou vas aan die patroon van gesonde woorde

15 Mei Bybelleesgedeelte: Psalms 11-18 Lied 217

Spraakhoedanigheid: Modulasie—Wissel jou toonhoogte af (be-AF bl. 113 ¶1–bl. 114 ¶2)

Nr. 1: Inleiding tot Psalms—Deel 2 (si-AF bl. 102 ¶6-11)

Nr. 2: Psalm 14:1–16:6

Nr. 3: In watter opsigte is ware Christene geen deel van die wêreld nie?

Nr. 4: Wie moet die skuld vir menselyding kry? (rs-AF bl. 279 ¶3–bl. 280 ¶1)

22 Mei Bybelleesgedeelte: Psalms 19-25 Lied 23

Spraakhoedanigheid: Praat met gevoel (be-AF bl. 115 ¶1–bl. 116 ¶4)

Nr. 1: Goeie insig bring guns mee (w04-AF 7/15 bl. 27 ¶4–bl. 28 ¶4)

Nr. 2: Psalm 22:1-22

Nr. 3: Hoe het lyding begin? (rs-AF bl. 280 ¶2-3)

Nr. 4: fWat is God se herinneringe, en waarom moet ons daarop ag slaan?

29 Mei Bybelleesgedeelte: Psalms 26-33 Lied 203

Spraakhoedanigheid: Entoesiasme wat by die materiaal pas (be-AF bl. 116 ¶5–bl. 117 ¶4)

Nr. 1: Jy kan jou geheue verbeter (be-AF bl. 17 ¶1–bl. 19 ¶1)

Nr. 2: Psalm 30:1–31:8

Nr. 3: In watter opsigte maak die waarheid ’n mens vry?

Nr. 4: Hoe ons baie lyding kan vermy (rs-AF bl. 281 ¶1-2)

5 Jun. Bybelleesgedeelte: Psalms 34-37 Lied 167

Spraakhoedanigheid: Hoe om met hartlikheid te praat (be-AF bl. 118 ¶1–bl. 119 ¶5)

Nr. 1: Die krag van gebed (w04-AF 8/15 bl. 18 ¶6–bl. 19 ¶10)

Nr. 2: Psalm 34:1-22

Nr. 3: Waarom ’n God van liefde lyding so lank toegelaat het (rs-AF bl. 281 ¶4)

Nr. 4: Vir watter vorme van afgodediens moet ons vlug?

12 Jun. Bybelleesgedeelte: Psalms 38-44 Lied 216

Spraakhoedanigheid: Hoe om emosie oor te dra (be-AF bl. 119 ¶6–bl. 120 ¶5)

Nr. 1: Die rol van God se gees om mense te laat onthou (be-AF bl. 19 ¶2–bl. 20 ¶3)

Nr. 2: Psalm 40:1-17

Nr. 3: Ware wetenskap is nie in stryd met die Bybel nie

Nr. 4: God sal al die leed wat sy knegte aangedoen is, ongedaan maak (rs-AF bl. 282 ¶1-4)

19 Jun. Bybelleesgedeelte: Psalms 45-51 Lied 104

Spraakhoedanigheid: Die belangrikheid van gebare en gesigsuitdrukkings (be-AF bl. 121 ¶1-4)

Nr. 1: Wanneer kom Jesus? (w04-AF 3/1 bl. 16, venster)

Nr. 2: Psalm 46:1–47:9

Nr. 3: Waarom God Adam se sonde nie eenvoudig oorgesien het nie (rs-AF bl. 282 ¶5–bl. 283 ¶1)

Nr. 4: Hoe kan ’n Christen swak en tog sterk wees? (2 Kor. 12:10)

26 Jun. Bybelleesgedeelte: Psalms 52-59 Lied 103

Spraakhoedanigheid: Hoe om gebare en gesigsuitdrukkings te gebruik (be-AF bl. 122 ¶1–bl. 123 ¶2)

Mondelinge hersiening

3 Jul. Bybelleesgedeelte: Psalms 60-68 Lied 45

Spraakhoedanigheid: Visuele kontak in die bediening (be-AF bl. 124 ¶1–bl. 125 ¶4)

Nr. 1: Wat Jehovah se nederigheid vir ons beteken (w04-AF 11/1 bl. 29-30)

Nr. 2: Psalm 60:1–61:8

Nr. 3: Stel deelname aan Christelike bedrywighede ons daarvan vry om God se wette te onderhou?

Nr. 4: God veroorsaak nie fisiese en verstandelike gebreke nie (rs-AF bl. 283 ¶2-4)

10 Jul. Bybelleesgedeelte: Psalms 69-73 Lied 225

Spraakhoedanigheid: Visuele kontak wanneer jy ’n toespraak hou (be-AF bl. 125 ¶5–bl. 127 ¶1)

Nr. 1: Waarom moet jy jou daarop toelê om beter te lees? (be-AF bl. 21 ¶1–bl. 23 ¶3)

Nr. 2: Psalm 71:1-18

Nr. 3: Jehovah laat kinders liefdevol baat vind by die voordele van Christus se losprysoffer (rs-AF bl. 283 ¶5)

Nr. 4: gWaarom Christene onpartydig moet wees

17 Jul. Bybelleesgedeelte: Psalms 74-78 Lied 28

Spraakhoedanigheid: Natuurlikheid in die veldbediening (be-AF bl. 128 ¶1–bl. 129 ¶1)

Nr. 1: Lees met die regte beweegrede (be-AF bl. 23 ¶4–bl. 26 ¶4)

Nr. 2: Psalm 75:1–76:12

Nr. 3: Wat behels dit om Jehovah te soek? (Sef. 2:3)

Nr. 4: God gebruik nie natuurrampe om mense te straf nie (rs-AF bl. 284 ¶1-3)

24 Jul. Bybelleesgedeelte: Psalms 79-86 Lied 112

Spraakhoedanigheid: Natuurlikheid op die verhoog (be-AF bl. 129 ¶2–bl. 130 ¶1)

Nr. 1: “Die tent van die regskapenes sal floreer” (w04-AF 11/15 bl. 26 ¶1–bl. 28 ¶1)

Nr. 2: Psalm 82:1–83:18

Nr. 3: Teëspoed moenie beskou word as bewys van God se misnoeë nie (rs-AF bl. 284 ¶4–bl. 285 ¶1)

Nr. 4: Kan onvolmaakte mense God werklik behaag?

31 Jul. Bybelleesgedeelte: Psalms 87-91 Lied 57

Spraakhoedanigheid: Natuurlikheid wanneer jy openbare voorlesing doen (be-AF bl. 130 ¶2-4)

Nr. 1: Wanneer ‘kennis iets makliks is’ en wysheid ons rig (w04-AF 11/15 bl. 28 ¶2–bl. 29 ¶7)

Nr. 2: Psalm 89:1-21

Nr. 3: ’n Studie van die Bybel is deel van ons aanbidding

Nr. 4: Materiële voorspoed moenie beskou word as bewys van God se seën nie (rs-AF bl. 285 ¶2-3)

7 Aug. Bybelleesgedeelte: Psalms 92-101 Lied 190

Spraakhoedanigheid: Fisiese reinheid versier die boodskap (be-AF bl. 131 ¶1-3)

Nr. 1: Hoe om te studeer (be-AF bl. 27 ¶1–bl. 31 ¶2)

Nr. 2: Psalm 92:1–93:5

Nr. 3: Bewys talespraak dat ’n mens God se gees het? (rs-AF bl. 393 ¶1-5)

Nr. 4: Die belangrikheid van sedelike onkreukbaarheid

14 Aug. Bybelleesgedeelte: Psalms 102-105 Lied 1

Spraakhoedanigheid: Die uitwerking wat beskeidenheid en gesonde verstand op ’n mens se kleredrag en persoonsversorging het (be-AF bl. 131 ¶4–bl. 132 ¶3)

Nr. 1: “Hoe talryk is u werke, o Jehovah!” (w04-AF 11/15 bl. 8-9)

Nr. 2: Psalm 104:1-24

Nr. 3: Waarom ons moet aanhou waak

Nr. 4: Waarom is hedendaagse talespraak anders as dié van die eerste-eeuse Christene? (rs-AF bl. 394 ¶1-4)

21 Aug. Bybelleesgedeelte: Psalms 106-109 Lied 201

Spraakhoedanigheid: Die waarde van goed versorgde kleredrag (be-AF bl. 132 ¶4–bl. 133 ¶1)

Nr. 1: Jongmense—Moenie julle portuurs blindelings volg nie (w04-AF 10/15 bl. 22 ¶4–bl. 24 ¶5)

Nr. 2: Psalm 107:20-43

Nr. 3: God se Woord help ons om te redeneer oor bewerings van sommige dat hulle God se gees het (rs-AF bl. 394 ¶6–bl. 395 ¶3)

Nr. 4: In watter opsigte kan ons God navolg?

28 Aug. Bybelleesgedeelte: Psalms 110-118 Lied 125

Spraakhoedanigheid: ’n Gepaste persoonlike voorkoms gee geen rede tot struikeling nie (be-AF bl. 133 ¶2-4)

Mondelinge hersiening

4 Sept. Bybelleesgedeelte: Psalm 119 Lied 59

Spraakhoedanigheid: Goeie liggaamshouding en netjiese toerusting (be-AF bl. 134 ¶1-5)

Nr. 1: Studie is lonend (be-AF bl. 31 ¶3–bl. 32 ¶4)

Nr. 2: Psalm 119:25-48

Nr. 3: Waarom ons respek betoon aan die sekulêre owerhede

Nr. 4: Ware Christene word nie vandag aan talespraak uitgeken nie (rs-AF bl. 395 ¶4-6)

11 Sept. Bybelleesgedeelte: Psalms 120-134 Lied 65

Spraakhoedanigheid: Hoe om angstigheid te verminder wanneer jy ’n toespraak hou (be-AF bl. 135 ¶1–bl. 137 ¶2)

Nr. 1: Hoe om navorsing te doen (be-AF bl. 33 ¶1-bl. 35 ¶2)

Nr. 2: Psalm 121:1–123:4

Nr. 3: Hoe lank sou die gawe van tale voortduur? (rs-AF bl. 396 ¶1-2)

Nr. 4: Wat is ’n hiperbool, en hoe het Jesus dit gebruik?

18 Sept. Bybelleesgedeelte: Psalms 135-141 Lied 97

Spraakhoedanigheid: Hoe om innerlike beheerstheid aan te kweek (be-AF bl. 137 ¶3–bl. 138 ¶6)

Nr. 1: Psalms—Waarom nuttig—Deel 1 (si-AF bl. 104-5 ¶23-7)

Nr. 2: Psalm 136:1-26

Nr. 3: In watter opsig is die Gedenkmaal ’n gemeenskaplike maal?

Nr. 4: hDie Drie-eenheid is nie op die Bybel gegrond nie (rs-AF bl. 95 ¶4–bl. 102 ¶1)

25 Sept. Bybelleesgedeelte: Psalms 142-150 Lied 5

Spraakhoedanigheid: Die belangrikheid van klankversterking (be-AF bl. 139 ¶1–bl. 140 ¶1)

Nr. 1: Psalms—Waarom nuttig—Deel 2 (si-AF bl. 105-6 ¶28-32)

Nr. 2: Psalm 142:1–143:12

Nr. 3: iWanneer iemand vra: ‘Glo jy aan die Drie-eenheid?’ (rs-AF bl. 116 ¶1–bl. 117 ¶2)

Nr. 4: Op watter maniere kan ons die behoeftes van ander bo ons eie stel?

2 Okt. Bybelleesgedeelte: Spreuke 1-6 Lied 111

Spraakhoedanigheid: Maak goed gebruik van mikrofone (be-AF bl. 140 ¶2–bl. 142 ¶1)

Nr. 1: Inleiding tot Spreuke—Deel 1 (si-AF bl. 106-7 ¶1-5)

Nr. 2: Spreuke 5:1-23

Nr. 3: Waarom is daar soveel goddeloosheid? (rs-AF bl. 167 ¶1-4)

Nr. 4: jMoenie valse stories versprei nie (2 Tim. 4:4)

9 Okt. Bybelleesgedeelte: Spreuke 7-11 Lied 73

Spraakhoedanigheid: Gebruik van die Bybel om te antwoord (be-AF bl. 143 ¶1-3)

Nr. 1: Inleiding tot Spreuke—Deel 2 (si-AF bl. 107-8 ¶6-11)

Nr. 2: Spreuke 7:1-27

Nr. 3: Christelike neutraliteit bevorder die eenheid van ons broederskap

Nr. 4: Waarom laat God goddeloosheid toe? (rs-AF bl. 168 ¶1–bl. 169 ¶1)

16 Okt. Bybelleesgedeelte: Spreuke 12-16 Lied 180

Spraakhoedanigheid: Hoe om te verbeter in ons gebruik van die Bybel (be-AF bl. 144 ¶1-4)

Nr. 1: Leer om ander navorsingshulpe te gebruik (be-AF bl. 35 ¶3–bl. 38 ¶4)

Nr. 2: Spreuke 14:1-21

Nr. 3: Hoe het ons baat gevind by God se toelating van goddeloosheid? (rs-AF bl. 169 ¶2-3)

Nr. 4: Wat kan ons help om noukeurig aandag te skenk by vergaderinge?

23 Okt. Bybelleesgedeelte: Spreuke 17-21 Lied 131

Spraakhoedanigheid: Gebruik van die Bybel aangemoedig (be-AF bl. 145-6)

Nr. 1: Spreuke—Waarom nuttig—Deel 1 (si-AF bl. 109-10 ¶19-28)

Nr. 2: Spreuke 17:1-20

Nr. 3: Hoe Christene bejaardes beskou

Nr. 4: kWatter beskouing van vroue word in die Bybel bevorder? (rs-AF bl. 417 ¶2-3)

30 Okt. Bybelleesgedeelte: Spreuke 22-26 Lied 9

Spraakhoedanigheid: Waarom dit belangrik is om tekste behoorlik in te lei (be-AF bl. 147 ¶1–bl. 148 ¶2)

Mondelinge hersiening

6 Nov. Bybelleesgedeelte: Spreuke 27-31 Lied 51

Spraakhoedanigheid: Hoe om gepaste opmerkings te kies om tekste in te lei (be-AF bl. 148 ¶3–bl. 149 ¶2)

Nr. 1: Spreuke—Waarom nuttig—Deel 2 (si-AF bl. 110-11 ¶29-38)

Nr. 2: Spreuke 28:1-18

Nr. 3: Is die feit dat hoofskap aan mans opgedra is verlagend vir vroue? (rs-AF bl. 418 ¶1-3)

Nr. 4: Waarom ons mense wat ons in die bediening ontmoet, nie volgens hulle uiterlike voorkoms moet oordeel nie

13 Nov. Bybelleesgedeelte: Prediker 1-6 Lied 25

Spraakhoedanigheid: Regte beklemtoning vereis gevoel (be-AF bl. 150 ¶1-2)

Nr. 1: Inleiding tot Prediker (si-AF bl. 112-13 ¶1-8)

Nr. 2: Prediker 5:1-15

Nr. 3: Hoe word Bybelwaarhede vir die wyse en intellektuele mense verberg? (Matt. 11:25)

Nr. 4: Moet vroue bedienaars wees? (rs-AF bl. 418 ¶4–bl. 419 ¶1)

20 Nov. Bybelleesgedeelte: Prediker 7-12 Lied 37

Spraakhoedanigheid: Beklemtoon die regte woorde (be-AF bl. 150 ¶3–bl. 151 ¶2)

Nr. 1: Prediker—Waarom nuttig (si-AF bl. 114 ¶15-19)

Nr. 2: Prediker 9:1-12

Nr. 3: Waarom dra Christinne by sommige geleenthede ’n hoofbedekking? (rs-AF bl. 419 ¶2–bl. 420 ¶1)

Nr. 4: Wat is verkeerd met jaloesie?

27 Nov. Bybelleesgedeelte: Hooglied van Salomo 1-8 Lied 11

Spraakhoedanigheid: Metodes om gedagtes te beklemtoon (be-AF bl. 151 ¶3–bl. 152 ¶5)

Nr. 1: Inleiding tot Hooglied van Salomo en waarom nuttig (si-AF bl. 115-17 ¶1-4, 16-18)

Nr. 2: Hooglied van Salomo 7:1–8:4

Nr. 3: Waarom moet Christene se klere netjies, skoon en beskeie wees?

Nr. 4: Is dit gepas vir vroue om skoonheidsmiddels of juweliersware te dra? (rs-AF bl. 421 ¶1-3)

4 Des. Bybelleesgedeelte: Jesaja 1-5 Lied 90

Spraakhoedanigheid: Tekste reg toegepas (be-AF bl. 153 ¶1–bl. 154 ¶3)

Nr. 1: Inleiding tot Jesaja (si-AF bl. 118-19 ¶1-8)

Nr. 2: Jesaja 3:1-15

Nr. 3: Sal die wêreld met vuur vernietig word? (rs-AF bl. 436 ¶1-2)

Nr. 4: lWaarom Christene ‘stadig moet wees om toornig te word’ (Jak. 1:19)

11 Des. Bybelleesgedeelte: Jesaja 6-10 Lied 204

Spraakhoedanigheid: Hoe om die toepassing van tekste duidelik te maak (be-AF bl. 154 ¶4–bl. 155 ¶4)

Nr. 1: Hoe om ’n skets op te stel (be-AF bl. 39-42)

Nr. 2: Jesaja 10:1-14

Nr. 3: Waarom is dit so belangrik om te kan vergewe?

Nr. 4: Wie heers oor hierdie wêreld—God of Satan? (rs-AF bl. 436 ¶3–bl. 437 ¶2)

18 Des. Bybelleesgedeelte: Jesaja 11-16 Lied 47

Spraakhoedanigheid: Redeneer uit die Skrif (be-AF bl. 155 ¶5–bl. 156 ¶5)

Nr. 1: Jongmense—Laat julle ouers julle help om julle hart te bewaak (w04-AF 10/15 bl. 20 ¶1–bl. 22 ¶3)

Nr. 2: Jesaja 11:1-12

Nr. 3: Hoe beskou ware Christene die wêreld en die mense wat ’n deel daarvan is? (rs-AF bl. 437 ¶3–bl. 438 ¶4)

Nr. 4: Ware Christene sal nie aan die oorlog van Armageddon deelneem nie

25 Des. Bybelleesgedeelte: Jesaja 17-23 Lied 53

Spraakhoedanigheid: Praktiese waarde duidelik gemaak (be-AF bl. 157 ¶1–bl. 158 ¶1)

Mondelinge hersiening

[Voetnote]

a Wys alleenlik aan broers toe.

b Wys alleenlik aan broers toe.

c Wys alleenlik aan broers toe.

d Wys alleenlik aan broers toe.

e Wys alleenlik aan broers toe.

f Wys alleenlik aan broers toe.

g Wys alleenlik aan broers toe.

h Kies ’n paar sleutelgedagtes uit die toegewese materiaal wat die beste in die behoeftes van die plaaslike gebied sal voorsien.

i Kies ’n paar sleutelgedagtes uit die toegewese materiaal wat die beste in die behoeftes van die plaaslike gebied sal voorsien.

j Wys alleenlik aan broers toe.

k Wys alleenlik aan broers toe.

l Wys alleenlik aan broers toe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel